NEWCASTLE KZN: Volkies se Graad 8s gaan kamp toe
"Soos ʼn eier moet enige mens eers breek vir ʼn nuwe lewe om te begin..."
Op 19 Februarie 2021 het Juf Pringle weer eens die geleentheid gekry om die Graad 8 leerlinge deel te maak van die Volkie familie.

Juf Joubert en haar span graad 8 registerpersoneel het uitstekend daarin geslaag om die nuwe inwoners selfs nog meer opgewonde te maak vir die lang pad wat by Volkies vir hulle voorlê.
Skoolhoof, Mnr. Ferreira en sy regterhand, Juf Buitendag, het hulle egter verseker dat elke VHS leerling met die nodige waardes en toegewydheid beklee moet wees om 5 volle jare as ʼn Volkie leerling te kan volstaan.

Met spanwerk, spangees en baie entoesiasme het die matriekleiers hulle rofies geleer wat dit beteken om die geel hekke van VHS te betree.
Die skoollied bind Volkies saam om as 1 span trots op aandag te staan. Dit het hulle eerste geleer en die geluide van die Rowelied se laaste paar note ego steeds deur Volksrust se pragtige strate.

Eindelik is ʼn suksesvolle dag afgesluit met bietjie boeresport en elke leerling van Graad 8 tot matriek het iewers ʼn verrassing ontvang.
“Soos ʼn eier moet enige mens eers breek vir ʼn nuwe lewe om te begin. Met stroop sal die matrieks jou krake weer toesmeer en met meel sal hulle jou lewe van vooraf versier. Byt vas Graad 8s; hardloop die wedloop, met trots klaar. Onthou altyd, As jy nie speel om te wen nie, hoekom speel jy dan?” het Juf Pringle gese.
Contact us
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for regular updates:



