NEWCASTLE KZN: Hoërskool Volksrust Huis Horison Verjaar
Die skool bedank die koshuismatrone, Jana Magudulela, en haar span vir die heerlike ete.

Op 4 Maart 2021 het die inwonende leerders en diensdoenende personeel van Horison die koshuis se vier en sewentigste bestaansjaar herdenk tydens ‘n swierige ete in die VHS-sporthuis.
“Graag bedank ons vir mevrou Vidette Martins, koshuishoofseun Pieter-Francois Martins en sy medeleiers asook al die koshuisseuns wat gehelp het om die sporthuis in gereedheid te bring vir die geleentheid.”
“Baie dankie aan die koshuismatrone, Jana Magudulela, en haar span vir die heerlike ete en aan meneer Stevens vir sy wakende oog ten tye van die viering.”
Contact us:
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for regular updates:








