Oud-Volkie Rika Rossouw bereik groot hoogtes
Rika is ʼn baie goeie voorbeeld van harde werk wat sukses afwerp.
Volkies is baie trots om te rapporteer dat oud-Volkie, Rika Rossouw, onlangs weer Springbokkleure verwerf het.
Maritjie Steyn van Hoërskool vertel dat Rika in 1995 ‘n matriek leerder by Hoërskool Volksrust en het regdeur haar lewe ʼn toegewyde atleet gebly.

Rika presteer onder andere in landloop, atletiek en duathlon.
In Windhoek behaal sy die eerste plek in haar ouderdomskategorie en verwerf ook so die algehele eersteplek in die African Cup Duathlon kampioenskappe.
“In steeplechase 2000 m verwerf sy SA Kleure en breek die rekord in 2021. Vir 400 m behaal sy SA kleure, breek die 1500 m rekord en behaal goud vir die 5000 m.”
In 2020 behaal sy SA Kleure vir 400 m, 800 m en steeplechase 2000 m.
Rika is ʼn baie goeie voorbeeld van harde werk wat sukses afwerp.
“Haar sportprestasies is uitmuntend en Volkies is baie trots om met haar geassosieer te word.”



