AfriForum Vryheid vra verduideliking oor nuwe boorgattarief en hoë elektrisiteitskoste
AfriForum eis antwoorde oor boorgattarief en verhoogde elektrisiteitskoste in Vryheid.
AfriForum Vryheid eis verduideliking van AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit oor ’n nuwe tarief wat op boorgate gehef word sonder behoorlike kennisgewing aan inwoners. Sommige huishoudings is selfs belas vir boorgate wat hulle nie het nie.
Verskeie inwoners het ook hul kommer uitgespreek oor buitensporige verhogings van elektrisiteitstariewe. AfriForum vra in ’n skrywe hoe die munisipaliteit hierdie tariewe bepaal en bereken.
Volgens André van der Walt, voorsitter van AfriForum Vryheid, is inwoners onkant gevang omdat die tarief nooit in openbare vergaderings bespreek is nie. Eugene van Aswegen, provinsiale koördineerder, sê munisipaliteite moet eerder fokus op goeie bestuur as om inwoners met ekstra koste te belas.
AfriForum waarsku dat hulle alle beskikbare regsmeganismes gaan gebruik indien die munisipaliteit nie betyds reageer nie.
ALSO READ: AbaQulusi residents outraged by sharp electricity tariff hikes
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



