Local newsVryheid Herald

Ruach Gemeente vier 20 jaar van geloof en groei

Ruach Gemeente vier 20 jaar van geloof, feesvieringe en God se getrouheid.

Ruach Gemeente het die afgelope naweek ’n groot mylpaal gevier met die herdenking van hul 20ste bestaansjaar. Die gemeente, wat op 5 September 2005 onder leiding van pastoor Abrie Strydom gestig is, het oor twee dekades ’n geestelike tuiste en ankerpunt vir baie gelowiges in die gemeenskap geword.

Die feesprogram het Vrydagaand afgeskop met ’n ‘Praise & Worship’-geleentheid wat lidmate en besoekers saamgetrek het. Saterdag het die vieringe voortgegaan met ’n potjiekoskompetisie, waar jong en oud ingeskakel het. Pretaktiwiteite soos sweepklap en waterballonvang het bygedra tot die feestelike gees. Ná ’n spanningsvolle kompetisie het die span ‘Omgee Adonai’ die prys vir die beste potjie gewen, terwyl ‘Omgee Elohim’ as algehele wenner van die dag aangewys is.

Tydens die geleentheid het die gemeente teruggekyk op die pad wat hulle die afgelope 20 jaar gestap het. Lidmate het beklemtoon hoe Ruach ’n plek geword het waar mense genesing, geestelike groei en nuwe geloof ervaar het. Hoewel daar ook uitdagings was, het die gemeente uitgelig dat God se getrouheid hulle deur alles gedra het.

Die Sondagoggend-erediens het ’n besondere dimensie gekry toe spesiale gasprediker, pastoor Dewald Scheepers, toesprake gelewer het en ook ’n insiggewende woord oor Josef gedeel het. Pastoor Abrie Strydom, saam met sy vrou Tanya en seun Timon, het die geleentheid gebruik om aan God dank te betuig en lidmate aan te moedig om in gehoorsaamheid en geloof voort te gaan.

Die naam Ruach, wat ‘Breath of Life’ beteken, het volgens lidmate deur die jare ’n werklikheid geword en dien steeds as ’n herinnering aan die lewe en hoop wat God bring. Die gemeente dank almal wat die fees saam met hulle gevier het en bid dat God elkeen ryklik sal seën.

ALSO READ: New pastors’ alliance aims to uplift Vryheid’s church leaders

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button