Local newsVryheid Herald

Gelofte van Bloedrivier word op erfenisterrein herdenk

Die jaarlikse Gelofteherdenking by die Bloedrivier-erfenisterrein naby Dundee bied van 14 tot 16 Desember ’n volledige program wat tradisie en geskiedenis saambring.

Die jaarlikse Gelofteherdenking by die Bloedrivier-erfenisterrein naby Dundee beloof om weer ’n betekenisvolle terugblik op Suid-Afrikaanse geskiedenis te wees. Die herdenking verwys na die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838, waar ’n klein groepie Voortrekkers hulle teen ’n veel groter Zoeloe-leër verdedig het. Kort voor die geveg het hulle die Gelofte van Bloedrivier afgelê – ’n belofte om die dag as dankdag te herdenk en ’n huis van aanbidding te bou.

Museum en monumente bring geskiedenis tot lewe

Die terrein is vandag ’n museum met monumente en uitstallings wat die verhaal van die Voortrekkers en die slag illustreer. Besoekers kan die plek van die oorspronklike Gelofte sien, deur die museum stap en die brons–walaer en granietmonument bewonder wat die laer voorstel.

’n Dag van saamwees en kultuurviering

Die herdenking is nie net ’n terugblik na die verlede nie, maar ’n tyd vir families en gemeenskappe om saam te kom en hul kultuur en erfenis te vier. Kampeergeriewe, ’n restaurant en ’n geskenkwinkel maak dit moontlik vir besoekers om die dag op die terrein deur te bring en die betekenis van die Gelofte te ervaar.

Erfenis, geloof en gemeenskap

Die Gelofteherdenking bring geskiedenis, geloof en gemeenskap saam en gee almal ’n kans om die moed en toewyding van die Voortrekkers te eer.

Program vir die Gelofteherdenking

Die Gelofteherdenkingsprogram is as volg:

Sondag – 14 Desember:

18:00: Afvuur van kanon in laer.
19:00: Historiese film in saal.

Maandag – 15 Desember:

07:30: Perdekommando vertrek vanaf De Jagersdrift.
10:30: Kommando arriveer en vlaghysing.
11:00: Boeresport.
13:00: Middagete.
14:00: Volkspele.
16:00: Perdesport.
19:00: Lanternloop, Gelofte aflê en kanonskoot.
20:00: Boere-sokkie.

Dinsdag – 16 Desember:

06:00: Biduur in die walaer – Francois Schutte.
08:30: Voorsang in die saal.
09:00: Erediens in die saal – Ds. Bennie Marais, NG leraar, Charl Cilliers Gemeente.
10:30: Gaskunstenaar – Elschanté Bouman, Perdekommando en vlagvoorstelling, Kranslegging en Gelofte-afleggings, Vertelling en kanondemonstrasie.

Navrae

Navrae kan gerig word aan: Judean 065 549 6681, Martiens 083 299 1213 of Johan 082 320 4133.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button