Pionier-matrikulante lewer uitstekende prestasies in 2025
Die skool kondig uitstekende 2025-uitslae aan met hoë slaagsyfers en merkwaardige toppresteerders.
Die skool het met trots sy akademiese uitslae vir 2025 bekend gemaak, met besonderse prestasies op verskeie terreine. Altesaam 14 vakke het ’n 100% slaagsyfer behaal, wat getuig van toegewyde leerders en onderwysers se harde werk deur die jaar.
Indrukwekkende gemiddeldes en slaagsyfer
’n Totaal van 15 leerders het ’n gemiddeld van bo 70% verwerf, terwyl 10 vakke ’n gemiddeld van meer as 60% gehandhaaf het. Die algehele graadgemiddeld vir die jaar staan op 63%, met 53 uit 61 leerders wat toelating tot graadstudie verwerf het.
Toppresteerder vereer
Ons is veral trots op ons toppresteerder, Leonie Joubert. Die vakke waarin sy uitgeblink het, sluit onder andere in: Afrikaans, Engels,Wiskunde, Besigheidstudies, Fisiese Wetenskappe, Lewensoriëntering en Rekeningkunde. Leonie slaag met ‘n merkwaardige A-gemiddeld. Baie geluk met jou puik uitslae, Pionier is trots op jou.
Spesiale gelukwense aan toppresteerders
Spesiale gelukwense aan die toppresteerders, C. Combrinck, G. Lourens, S. du Toit, J. van Wyk, J. van Noordwyk, C. Beeslaar, C. Stuart, J. Botha en J. Vlok, vir hul uitstaande akademiese resultate.
Verbintenis tot kwaliteit onderrig
Hierdie uitslae bevestig weer die skool se verbintenis tot kwaliteit onderrig en die ontwikkeling van elke leerder se volle potensiaal. Baie geluk aan elke leerder, onderwyser en ouer wat bygedra het tot hierdie merkwaardige sukses.
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



