SchoolsVryheid Herald

Pionier vier toppresteerders tydens 2025-toekenningsaand

Pionier vereer leerders se sport- en kultuurbereik tydens toekenningsaand en jaarlikse gholfdag.

SPORT-EN KULTUURTOEKENNINGSAAND

Op 16 Oktober het Pionier ‘n geslaagde sport-en kultuurtoekenningsaand vir die sterre van 2025, die leerders wat deur die jaar pligsgetrou hard gewerk en geoefen het, aangebied. Die eregas, mev. Dibi Symington, het die leerders toegespreek en hulle aangemoedig om van jongs af die regte keuses te maak. Baie dankie vir u wyse woorde, mev. Dibi Syminton.

Mev. Anna-Marie Fourie (Kultuurhoof) het die Kultuurverslag gelees. Die kultuurtrofeëwenners is as volg:

Hoërskool Pionier Orators Wisseltrofee Junior Redenaar Afrikaans Huistaal Voorbereid – Ivoné Lombard
JP Venter Orators Wisseltrofee vir Beste Senior Redenaar Afrikaans Huistaal Voorbereid – Christian Rix
Hoërskool Pionier Orators Wisseltrofee vir Senior Redenaar Afrikaans Huistaal Onvoorbereid – Christian Rix
Hoërskool Pionier Orators Wisseltrofee vir Senior Redenaar Afrikaans Eerste Addisionle Taal Voorbereid – Fihli Tsotetsi
Hoërskool Pionier Orators Wisseltrofee vir Senior Redenaar Afrikaans Eerste Addisionele Taal Onvoorbereid – Caydi Booysen
Koos Dames Wisseltrofee vir die beste ATKV Junior Redenaar (Voorbereid/ Onvoorbereid) – Ivoné Lombard
Rapportryerskorps Wisseltrofee vir Beste ATKV Senior Redenaar Voorbereid of Onvoorbereid – word gedeel: Kyla Bosman en Wijtske Fourie
Hoërskool Pionier Ondersteuningstrofee vir Beste Vordering – Caydi Booysen
Kultuurpersoonlikheid 2025 – Wijtske Fourie.

Mnr. Dean Younie het die sportverslag gelees. Die volgende leerders het sporttrofeë ontvang:

1. Currie Wisseltrofee (Mees veelsydige Sportpersoonlikheid)
Leandri Grobler

2. Anton van der Schyff Wisseltrofee(Mees Uitstaande Sportprestasie)
Wileze Scheepers

3. Sportdogter Van Die Jaar
Leandri Grobler

4. Sportseun Van Die Jaar
Marnus Pretorius.

PIONIER-GHOLFDAG

Op Vrydag, 17 Oktober, het Pionier die Syfer 3-IPS-kompetisie aangebied. Die uitslae is as volg:

Eerste: N. Nhleko – 21 punte.
Tweede: B. van Eeden – 21 punte.
Derde: P. Melville – 21 punte.
Naaste aan die pen no.9: G. Ellis.

Liezl Smit het die laagste telling vir die dag, 25 houe, 2 onder baansyfer aangeteken.

Op Saterdag, 18 Oktober, het die jaarlikse Pionier-gholfdag plaasgevind. Die formaat was 4-ball “American Scramble”. Hiermee die uitslae:

Eerste: S. Bosman, J. Muller, W. Boardman en H. Kruger.
Tweede: G. Ellis, J. Ellis, S. Ellis en T. Ellis.
Derde: R. van Heerden, J. Vorster, R. Vorsman en E Marx.
Vierde: B. Mabaso, M. Phakati, B. Dladla en B Nkosi.
Vyfde: G. Vorster, P. Lombard, W. van Deventer en T. Prinsloo.
Sesde: W. Solms, C. Solms, J. Erasmus en D. Freyer.
Sewende: J. de Villiers, A. Knoetze, B. van Eeden en A. Badenhorst.
Agste: K. Spangenberg, P. van Niekerk, A. Smit en L. Smit.
Negende: V. Smit, A. Smit, A. Sharpe en B. Melville.
Tiende: B. van Tonder, H. Meintjies, J. Engelbrecht en FC. Chamberlain.

NAASTE AAN DIE PEN: MANS

Vierde putjie: P. Lombard.
Sewende putjie: B. van Eeden.
Dertiende putjie: J. Engelbrecht.
Sestiende putjie: VW Simelane.
Agtiende putjie: D. Vermaak (hole-in-one).

NAASTE AAN DIE PEN: VROUE

Vierde putjie: S. Ellis.
Sewende putjie: L. Smit.
Dertiende putjie: N. Badenhorst.
Sestiende putjie: L. Smit
Agtiende putjie: C. Erlank.

ALSO READ: Hoërskool Pionier-skuts blink uit by SA-kampioenskappe

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button