Local newsSchoolsVryheid Herald

Stewige begin vir Pionier se sportseisoen

Pionier-leerders lewer sterk prestasies in skyfskiet, atletiek en swem vroeg in 2026.

Die jaar het met ‘n stewige begin en Pioniers staan terug vir niks, almal neem ywerig aan alle aktiwiteite deel.

Skyfskiet Liga 1

Op 31 Januarie 2026 het die Pionier-skuts aan die eerste skyfskietkompetisie van die jaar, te Hoërskool Pionier, deelgeneem. Die volgende skuts het tydens die liga, reeds aan die KZN-MQS (Minimum Qualifying Scores – om in aanmerking te kom vir die KZN-span) vereistes voldoen: Nash Olivier, Zandré Richards en Maarten Grobbelaar. Baie geluk met hierdie puik prestasie.

Die volgende skuts het medaljes ontvang: O/21-Sporterklas: derde: Mia Myburgh. O/16-Sporterklas: eerste: Nash Olivier, tweede Zandré Richards. O/21-Veerklas: tweede: Lizaan Jansen. O/16-Veerklas: tweede: Maarten Grobbelaar, derde: Phillip Eybers en vyfde: Miané Kriel.

Volksrust Goue Byeenkoms

Op Vrydag, 30 Januarie, het ons atlete vertrek om aan die Volksrust Goue Byeenkoms, te Volksrust deel te neem. Die atlete het hulself goed van hulle taak gekwyt en het goeie prestasies opgelewer. Baie geluk aan elke atleet.

Die uitslae is soos volg: Nathan Nel derde plekke in 400m H, 200m en 800m, Janko Hatting eerste in gewigstoot, Christo Diedericks derde in gewigstoot, Charissa Volschenk tweede in 800m en derde in 400m, Sarah Kgonono eerste plek in spiesgooi, Joshua Buijs derde in 110m H, Maja Slump eerste in hoogspring, Anje Erasmus tweede in hoogspring en derde in gewigstoot, Liané v Zyl tweede in gewigstoot, Elaine Barnard eerste in 100m H, tweede verspring en derde 100m, Ruhan Steenberg tweede in 3-sprong, Adriaan Botha tweede in 200m en 400m, Elaumé Barnard derde in 100m en 200m, Devan Badenhorst derde diskus, Chris-Marie Barnard derde in 800m, Karli Hatting tweede in spiesgooi en derde in diskus, Katelynn v d Westhuizen derde plekke in 400m H en 100m H, Miance Botes tweede plek in diskus, Mieke Oosthuizen eerste in gewigstoot, Rowan Mac Donald eerste in gewigstoot en tweede in diskus, Janri v Zyl tweede plekke in 1500m, 3000m en 800m, Simeon Meyer derde in 200m, Jacob Bekker tweede in 400m, Anike v Niekerk derde 400m H, Tristan Basson tweede in diskus, Samuel Griffiths derde in diskus, Kayla Scheepers derde 90m H, Nica Combrink derde in hoogspring, Joshua Mdletshe derde in 400m H, Kayla Mahne derde in spiesgooi, Karlien Barnard tweede plekke in 300m H, 200m, verspring en 100m, Jozua Rabe eerste 100m en tweede 200m, Aden Fernandes derde in 300m H, Mia Malan derde in diskus, Allissa Venter derde in 1500m.

Aflosse se uitslae is as volg: O/14 dogters derde, O/14 seuns derde, O/15 dogeters derde, O/16 seuns tweede, O/17 dogters tweede, O/17 seuns derde en die O/19 seuns derde.

Swem

‘n Groepie swemmers het die naweek aan die level-swembyeenkoms te Richardsbaai gaan deelneem, die uitslae is as volg: Carli Eybers eerste 50m vlinderslag, vierde 200m vryslagaflos en tweede in 100m vryslag. Theo Roelofsz: negende 50m rugslag en 10de 50m vryslag. Markus Erasmus: sesde 50m rugslag, vyfde 100m borsslag, agtste 50m vlinderslag, derde IM, 13de 200m borsslag, sesde 100m rugslag en vierde in 50m borsslag. Marnus Pretorius: sewende 50m vlinderslag, vierde 200m vryslagaflos, 12de 100m vryslag. Reinhard Meyer: 10de 100m borsslag. Mia Pienaar: sewende 50m rugslag, 13de 200m IM, vierde 200m vryslag. William Laing: 13de 200m IM, vierde 200m vryslagaflos, vierde 50m borsslag, 11de 100m vryslag.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button