Pionier blink uit by interhuis-swemgala
Pionier vier swemsukses, Midmar-prestasies en gemeenskapsdiens met trots.
Op 27 Januarie het ons leerders die swembad met selfvertroue, deursettingsvermoë en entoesiasme tydens die interhuis-gala betree. Elke swemmer het sy of haar beste gegee. Die trofeëwenners is as volg:
D/14 T. VAN AARDT-wisseltrofee: Lin-Mari van Niekerk, S/14 L.M. BOTHA-wisseltrofee: Janco Botha, D/15 BOBBY AUCAMP-wisseltrofee: Carli Eybers, S/15 COBUS AUCAMP-wisseltrofee: Markus Erasmus, D/16 J.P. WILLEMSE Wisseltrofee: Chanri Els, S/16 JOE MARAIS-wisseltrofee: Marnus Pretorius, S/16 MAUDI WELKEN-wisseltrofee vir wisselslag: Marnus Pretorius, D/17 HUSQVARNA-wisseltrofee: Leandri Grobler, S/17 HUSQVARNA-wisseltrofee: Arno Warmenhoven, Junior Dogters Wisseltrofee vir 50m Vlinderslag: Carli Eybers, Junior Seuns Wisseltrofee vir 50m Vlinderslag: Markus Erasmus, Senior Dogters EMILE VAN WYK-wisseltrofee vir 50m vlinderslag: Mia Pienaar, Senior Seuns JACQUES VAN WYK-wisseltrofee vir 50m vlinderslag: Markus Pretorius, Ope Dogters WIESIE LE ROUX-wisseltrofee vir 100m vryslag: Carli Eybers, Ope Seuns J.H.B. VAN AARDT-wisseltrofee vir 100m vryslag: Reinhard Meyer, Ope Dogters JAMES LANDSBERG-wisseltrofee vir 100m rugslag: Carli Eybers, Ope Seuns HESTER DELPORT-wisseltrofee vir 100m rugslag: Marnus Pretorius, D/19 HEINZ EGLY-wisseltrofee vir wisselslag: Mia Pienaar, S/19 VRYHEID NISSAN-wisseltrofee vir wisselslag: William Laing, VRYHEID BONDING-skild vir trapaflosse DelaRisa.
Baie geluk aan die volgende swemmers wat as Victrix- en Victor Ludorum aangewys is:
Junior Victrix Ludorum – INA TERBLANCHE-wisseltrofee: Carli Eybers, Junior Victor Ludorum – DIXIE TERBLANCHE-wisseltrofee: Markus Erasmus, Victrix Ludorum – INA CRONJÉ-wisseltrofee: Mia Pienaar, Victor Ludorum – AFRICAN EAGLE-wisseltrofee: Marnus Pretorius. Dogters Wenlaer – NICOLENE en YOLANDI BESTER-wisseltrofee: Disa. Seuns Wenlaer – STEGENS-wisseltrofee: Beyers, Gekombineerde Wenlaer Wisseltrofee: Beyerixia, Dogters Sang – LUKIE VAN DER WESTHUIZEN-wisseltrofee: Minjowet, Seuns Sang – EBEN KRUGER Wisseltrofee: Minjowet.
Pionier wys ware spangees by VHS-aflos
Op 4 Februarie het Pionier se aflosspan aan die jaarlikse VHS-aflosbyeenkoms deelgeneem. Pioniers het gewys wat ware spangees is, die weer het goed saamgewerk en Pionier kon as naaswenners van die byeenkoms wegstap. Die atlete se positiewe houding en die entoesiasme van die ondersteuners was inspirerend. Baie geluk aan elke span en elke leerder- julle het ons trots gemaak.
Pioniers trotseer Midmar Myl met deursettingsvermoë
Baie geluk aan ons personeel en leerders wat die afgelope naweek aan die Midmar Myl deelgeneem het. Leandri Grobler was braaf en het met selfvertroue die 2 myl aangepak en voltooi. Die res van die deelnemers het aan die 1 myl met trots voltooi:
Juffrou Anneke Gerber, Reinhard Meyer, Carli Eybers, Marnus Pretorius, Carla Pienaar, Mia Pienaar, Janco Pienaar en Arno Warmenhoven. Pionier is trots op julle!
Pioniers maak ’n verskil deur bloedskenkdiens
Te midde van ’n baie besige kwartaal tot dusver, ruim die Pioniers tyd in vir gemeenskapsdiens. Op Vrydag, 6 Februarie, het vyf van ons graad 11-dogters die SANBS se opleidingsessie te Newcastle bygewoon. Liezel Lombard, Caela van Pletzen, Monique Jordaan, Son-isha van Wyk en Megan Wiggill sal as bloedskenkassistente-2026, tydens Bloedskenkdae, die are oophou en toesien dat die proses glad verloop, ten einde so min as moontlik skoolontwrigting te veroorsaak. Baie dankie vir julle bydrae om lewens te help red.
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



