Local newsSchoolsVryheid Herald

Pionier blink uit by Piet Retief-atletiekbyeenkoms

Atlete wen 24 medaljes by Piet Retief-atletiekbyeenkoms.

Valentynsdag is vanjaar nie net met harte, blomme en vrolike glimlagte gevul nie, prestasies was ook duidelik in die lug! Ons leerders het die dag met gees en entoesiasme gevier, terwyl hulle op Saterdag, 14 Februarie, uitstekende atletiekprestasies by die Piet Retief-atletiekbyeenkoms behaal het. Die kombinasie van spanwerk, deursettingsvermoë en skooltrots het pragtige vrugte afgewerp.

Sterk vertonings in baan- en velditems

Ons seuns- en dogterspanne het hul staal in verskeie baan- en velditems gewys. Van sterk vertonings in gewigstoot, diskus en spiesgooi tot puik wedlope oor die 200m, 400m, 800m en selfs 1500m – ons atlete het hul beste gelewer.

Die byeenkoms het met ’n indrukwekkende medalje-oes van vier goue, 11 silwer en nege bronsmedaljes geëindig. Hierdie prestasie getuig van harde werk, toewyding en ’n ware liefde vir sport.

Liefde vir sport en skooltrots

Terwyl Valentynsdag ons aan liefde herinner, het ons leerders gewys dat daar ook ’n groot liefde vir sport, vir mekaar en vir ons skool bestaan. Ons is ongelooflik trots op elke deelnemer wat hul beste gegee het.

Baie geluk aan al ons atlete. Uitslae is as volg:

SEUNS o/15: Tristan Basson derde in diskus en 1ste in gewigstoot. Samuel Griffiths eerste in diskus. SEUNS o/16: Jacob Bekker tweede in 400m. Werner van Tonder derde in 400m.
SEUNS o/17: Adriaan Botha derde in 200m en tweede in 400m. SEUNS o/19: Gerber Diedericks eerste in spiesgooi. Janko Hatting derde in diskus en tweede in gewigstoot. Nathan Nel derde in 200m, derde in 400m hekkies en tweede in 800m.
DOGTERS o/14: Karlien Barnard tweede in 300m hekkies, derde in verspring. DOGTERS o/17: Chris-Marie Barnard derde in 1500m. Elaine Barnard tweede in 800m. Leandri Grobler derde in gewigstoot. Karli Hatting tweede in spiesgooi. DOGTERS o/19: Anje Erasmus tweede in hoogspring. Maja Slump eerste in hoogspring. Sarah Kgonono tweede in spiesgooi. Charissa Volschenk tweede in 400m en tweede in 800m.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button