Local newsSchoolsVryheid Herald

Pionier-atlete en skuts behaal uitstekende prestasies

Pionier-leerders behaal uitstekende resultate in atletiek, skyfskiet en wintersport.

Twee van ons atlete, Ruhan Steenberg en Liané van Zyl, het op 7–8 Maart aan die KZN ASA-atletiekbyeenkoms te Kings Park, Durban, deelgeneem. Ruhan het ’n eerste plek in verspring verwerf. Liané het aan die heptathlon deelgeneem. Sy het puik presteer in die volgende items: 200 m, 800 m, 100 m H, spiesgooi, gewigstoot, verspring en hoogspring. Sy verower vier goud, twee silwer en een brons. Ons is baie trots om aan te kondig dat sy tot die KZN-span, wat aan die SA-byeenkoms te Germiston gaan deelneem, verkies is.

Skyfskiet Liga-2 prestasies

Op 14 Maart het die Pionier-skuts aan Liga-2 te Pionier deelgeneem. Tydens die prysuitdeling kondig hulle die skuts aan wat gedurende Liga-1 hul persoonlike beste punt verbeter het. Baie geluk aan Diané Barnard, Jaun Cilliers, Phillip Eybers en Miané van der Westhuizen.

Nash Olivier behaal ’n uitmuntende prestasie en ontvang ’n uitnodiging om van 16–18 April 2026 aan die SANSSU Top 80-proewebyeenkoms te Vryheid deel te neem. Hy is slegs een van vier skuts wat KZN gaan verteenwoordig. Baie geluk aan al die skuts, veral die nuwe skuts wat vir die eerste keer deelgeneem het en so goed gevaar het.

o.14-Sporterklas:
Eerste plek: Christiaan Jordaan
Tweede plek: Freddie Stoffberg

o.16-Sporterklas:
Eerste plek: Nash Olivier
Tweede plek: Zandré Richards
Vyfde plek: Markus Erasmus
Sewende plek: Dané Els

o.21-Sporterklas:
Vyfde plek: Mia Myburgh

o.21-Veerklas:
Derde plek: Lizaan Jansen

o.16-Veerklas:
Eerste plek: Maarten Grobbelaar
Vierde plek: Miané Kriel
Vyfde plek: Diané Barnard
Sewende plek: Phillip Eybers

o.14-Veerklas:
Derde plek: Wian Kotze
Vyfde plek: Leja Beukes
Sesde plek: Hano van Rooyen
Sewende plek: Daniel Boshoff

Wintersportuitslae teen Sarel Cilliers

Op Saterdag, 14 Maart, het Pionier teen Sarel Cilliers kragte gemeet. Dit was ’n goeie dag en die wedstryde het in ’n goeie gees en sportmansgees plaasgevind.

Netbal:
o.14A 17–12, o.15A 23–5, o.16A 12–10, o.16B 6–8, tweedespan 33–11, eerstespan 40–9.

Hokkie:
o.14A 3–0, o.15A 5–1, o.16A 4–0, tweedespan 4–0, eerstespan 5–1, seuns 2–1.

Rugby:
o.14A 24–17, o.15A 21–20, o.16A 14–12, tweedespan 7–81, eerstespan 21–34.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button