Wintersportseisoen begin sterk vir Pionier-spanne
Pionier-spanne begin wintersportseisoen met sterk vertonings teen Volksrust.
Die wintersportseisoen het amptelik afgeskop met die NWU-16 reeks toe ons sportspanne Saterdag, 28 Februarie, na Volksrust gereis het om teen Volksrust Hoërskool kragte te meet.
Sterk begin vir wintersport
Dit was ’n dag vol opwinding, spanwerk en deursettingsvermoë. Ons spelers het met trots en goeie sportmanskap deelgeneem en waardevolle ondervinding opgedoen. Baie geluk aan al die spanne met hul puik prestasies en dankie aan die afrigters en ondersteuners wat die dag moontlik gemaak het. Ons sien uit na ’n opwindende wintersportseisoen wat voorlê! Uitslae is soos volg:
Rugby: o.14A: 36–5, o.15A: 7–0, o.16A: 31–26 tweedespan: 10–12, eerstespan: 26–42.
Hokkie: o.14A: 1–1, o.15A: 1–2, o.16A: 0–1, tweedespan: 5–0, eerstespan: 3–2, o.16A seuns: 3–1.
Netbal: o.14A: 10–6, o.15A: 6–8, o.16A: 14–5, tweedespan: 29–7, eerstespan: 36–6.
Skyfskiet-prestasies
Op 27 en 28 Februarie 2026 het die Pionier-skuts, wat aan die vereistes voldoen het, aan die KZN/MP Ope deelgeneem. Medaljewenners: o.16-Sporterklas: 1ste Plek: Nash Olivier. o.21-Veerklas: 2de Plek: Lizaan Jansen. o.16-Veerklas: 2de Plek: Maarten Grobbelaar, 3de Plek: Philip Eybers, 5de Plek: Miane Kriel. Veerklas algeheel: 2de Plek: Lizaan Jansen.
Gholfprestasie
Baie geluk aan Heike Venter wat aan die SA-Amateur Ope Vroue Gholftoernooi deelgeneem het. Sy het met die “strokeplay” 47ste gekom en in die “Flight Division Matchplay” die Top 16 behaal.
Hokkiespelers blink uit
Baie geluk aan Milan Smit en Kayla Mahne wat na die volgende rondte “KZN-Inland”-proewe deurgedring het. Ons is trots op julle.
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



