Local newsSchoolsVryheid Herald

Mej Pionier 2026 vier skoonheid en skooltrots

Netbal-, rugby- en ruiterprestasies maak skool trots.

Dit was behoorlik ‘n glansryke aand tydens die Mej Pionier 2026-geleentheid, waar skoonheid, selfvertroue en skooltrots gevier is. Die aand is met opgewondenheid, styl en besondere oomblikke, wat beslis lank onthou sal word, gevul. Baie geluk aan elke dogter wat deelgeneem het. Zané van Deventer is as Mej Fotogenies gekroon en Lara Muller het met haar mooi persoonlikheid, Mej Persoonlikheid gekry. Leané Janse van Rensburg is as 2de prinses gekroon en Riekie Olivier as 1ste prinses. Chanri Els het met die titlel van Mej Pionier weggestap.

KZN-Netbal

Ons is trots om aan te kondig dat die volgende dogters in die KZN-netbalspan ingesluit is: Nolitha Ndaba, Ané Swanepoel en Liané Rabe. Baie geluk met julle prestasie.

Zululand Federasie-proewe

Baie geluk ook aan die volgende dogters wat vir die Zululand Federasie-netbalspan gekies is. Hulle gaan in Julie aan die Telkom Netball Cup deelneem: Lize Craig, Azelle Botha, Neriska Hamman, Leandri Grobler. Ons wens julle alle sterkte toe met die voorbereiding en deelname.

Sharks Skole Rugbyproewe

Die volgende seuns is uitgenooi om op 9 Mei te Hilton College aan die Sharks Skole rugbyproewe deel te neem: Gerhard Oosthuizen, Jacob Bekker, Simeon Meyer, Heinz Saaijman, Ceandré Calitz.

Baie geluk aan hierdie spelers met die besondere prestasie. Julle harde werk en toewyding word raakgesien. Ons wag vir die uitslae van hierdie proewe.

Ruitersport

Annebell van der Linde het op 1 en 2 Mei die skool tydens SANESA verteenwoordig waar sy twee 3de plekke in Vlak 4 behaal het. Op 3 Mei het sy die provinsie in SAWMGA verteenwoordig. Sy was een van slegs vyf KZN-ruiters wat teen Limpopo en Mpumalanga deelgeneem het. Annebell eindig vierde uit 86 ruiters in die Bi-Rangle-spel. Trots op jou.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button