Local newsSchoolsVryheid Herald

Hoërskool Pionier blink uit op verskeie sportgebiede

Pionier verwelkom 'n Engelse skool en behaal sterk sportprestasies oor verskeie sportkodes.

Hoërskool Pionier het laasweek King Edward VI School (KES) van Southampton, Engeland, verwelkom vir ‘n besondere sport- en kultuuruitruil wat opwindende wedstryde, nuwe vriendskappe en eg Suid-Afrikaanse gasvryheid gekombineer het.

Die Engelse besoekers is hartlik ontvang en het die geleentheid gekry om hul eie vleis op ‘n tradisionele braaivleisvuur te braai, terwyl hulle plaaslike gunstelinge soos paptert, aartappelslaai en malvapoeding geniet het. Pionier se leerders het die besoekers ook aan een van Suid-Afrika se gewildste danse bekendgestel deur hulle te leer sokkie.

Die dag het nuwe vriendskappe, kulturele uitruiling en sportmanskap bevorder en sal nog lank onthou word.

Rugby

Op die rugbyveld het Pionier se o.16-span met 26–45 verloor, terwyl die eerstespan ‘n uitstekende vertoning gelewer het om 25–10 te wen.

Netbal en hokkie

Die netbalspanne het sterk meegeding. Die o.16-span het met 15–24 verloor, terwyl die eerstespan met 17–28 vasgeval het.

By hokkie het die meisies se o.16-span 1–1 gelykop gespeel, terwyl die eerstespan met 0–8 verloor het. Die seuns se o.16-span het met 0–4 verloor en die eerstespan met 1–10.

Krieket

Pionier se meisieskrieketspan het ook ‘n goeie naweek beleef.

In hul eerste wedstryd teen Dundee het hulle 59 lopies in agt beurte aangeteken. Dundee het egter met die tweedelaaste bal van die wedstryd die wenlopie aangeteken om met 60 lopies te wen.

In hul tweede wedstryd teen Ferrum het Pionier 87 lopies in agt beurte aangeteken en oortuigend met 29 lopies gewen.

‘n Verdere hoogtepunt was die prestasie van Abigail van Greunen en Lianay de Beer, wat vir ‘n NKZN-toernooispan gekies is. Die span het Pongola Akademie verslaan om algeheel derde te eindig.

Tennis

Vyf Pionier-tennisspelers, André Barnard, Clarissa Viviers, FC Chamberlain, Reinhard Meyer en Tian Steenberg, het die skool tydens die Interdistrik-tennistoernooi in Newcastle verteenwoordig.

Die spelers het waardevolle wedstrydervaring opgedoen en verskeie goeie oorwinnings behaal.

Skyfskiet

Pionier se skyfskietspan het voortgegaan om sterk resultate in die POLS-liga te lewer.

Tydens Liga 3, 4 en 5 het verskeie skuts podiumplekke behaal, terwyl Diané Barnard, Daniël Boshoff, Dané Els, Markus Erasmus, Maarten Grobbelaar, Christiaan Jordaan, Lelanie Marais, Miqin Meintjies, Joelle Nel, Nash Olivier en Zandré Richards hul persoonlike beste tellings verbeter het.

Onder die uitblinkers was Nash Olivier, Zandré Richards, Christiaan Jordaan, Maarten Grobbelaar, Miqin Meintjies en Lizaan Jansen.

Die span het ook aan Liga 5 by Carter High School in Pietermaritzburg deelgeneem as voorbereiding vir die KZN-Interskole wat in Augustus plaasvind.

Hoërskool Pionier het al sy sportlui gelukgewens met hul passie, toewyding en sportmangees waarmee hulle die skool gedurende die afgelope naweek verteenwoordig het.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button