SchoolsVryheid Herald

Pionier: ons skool, ons trots

Op 2 Maart het Pionier teen Sarel Cilliers kragte gemeet

KZN/MPUMALANGA OPE-SKYFSKIETKOMPETISIE

Op 1-2 Maart het 61 top skuts van KZN en Mpumalanga aan die KZN/Mpumalanga Ope-skyfskietkompetisie by Hoërskool Pionier deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar elke skut het net sy/haar beste gegee en top uitslae is bereik.

Pionier is baie trots op Nash Olivier, wat eerste in die o.14-Veerklasafdeling geëindig het en op die koop toe die trofee vir die algehele tweede plek in die hele Veerklas-afdeling verwerf het. Wat ‘n unieke prestasie! Daarby het Frans Saaijman derde in die o.16-Veerklas-afdeling geëindig en daarvoor ook ‘n trofee verwerf. Pionier is baie trots op julle twee manne.

Volledige Pionier-uitslae:

o.21-Sporterklas:

6de: Wileze Scheepers;

22ste: Carmen Stuart;

23ste: Rikus Johnstone.

o.16-Sporterklas

4de: Niquita Steyn;

15de: Mia Myburgh.

o.16-Veerklas

3de: Frans Saaijman;

4de: Lizaan Jansen.

o.14-Veerklas

1ste: Nash Olivier

Hiermee bedank Pionier vir mnr. Deon Vermaak van BB-Energy se ruim donasie vir die verversings, mev. Veronica Steenkamp vir die beamptes se verversings, mnr. Riaan Muller vir die unieke wyse waarop hy die opening behartig het en die KZN-komitee vir hul insette.

LOSPRYSING EN PIONIERS-VIR-CHRISTUS-KAMP
Op Donderdag, 22 Februarie, het Pionier ‘n eer- en lofprysingsaand in die skoolsaal gehou.
Saam het ons gedans, gelag, die Here se naam groot gemaak en ons harte opnuut weer terug na die Here gedraai. Dit was ‘n besonderse ervaring. Nog nooit kon ons met soveel vreugde die Here aanbid nie.

Pionier het op 23-25 Februarie, onder leiding van mej. Greeff, ‘n kamp te Goedgeloof-plaas by Bloedrivierpoort gehou.
Die bedieningspan, “Heal the Land Ministries” van Pretoria, het bygestaan met die bediening oor die naweek en ‘n pastoorspaar van Engeland, pastore Ian en Linda Willson, het saam met ons gekuier. Pastoor Ian het ons baie oor die Vaderhart geleer en ons het ook geleer dat ons ons identiteit, ons ewebeeld met Christus, weer moet opneem en ook ons “stem” moet terugneem. Ook om op te staan vir wat reg is en dat ons jong mense vir Sy Koninkryk geroep is om ‘n verskil in ‘n gebroke wêreld te maak.

Die kampgangers het ook aan boeresport deelgeneem en malvalekkers om die kampvuur gebraai terwyl ons die Here se naam loof en prys.

SPORT TEEN SAREL CILLIERS

Op 2 Maart het Pionier teen Sarel Cilliers kragte gemeet. Elke span het Pionier se naam hoog gehou.

Rugby:

Eerstespan: 18-12

Tweedespan: 5-47

Derdespan: 15-21

o/16: 41-34

o/15: 5-46

o/14: 47-12

Hokkie:

Seuns Eerstespan: 0-9

Dogters Eerstespan: 5-0

Tweedespan: 3-0

o/16: 12-0

o/15: 8-0

o/14: 12-0

Netbal:

Eerstespan: 37-25

Tweedespan: 12-23

o/16: 46-2

o/15 A: 15-14

o/15 B: 10-6

ALSO READ: Pionier-skyfskiet spog met skitter uitslae

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

 
Back to top button