SchoolsVryheid Herald

Pioniers-vir-Christus-kamp weer ‘n sukses

Die leerders het elkeen ‘n pragtige en unieke ervaring met die Here gehad en die kampe getuig daarvan

Pionier het die naweek van 18-20 Oktober, o.l.v. mej. Yvette Greeff en met die hulp van ‘n bedieningspan van ‘Heal the Land Ministries’, weer ‘n baie suksesvolle Pioniers-vir-Christus-kamp te Goedgeloof-plaas by Bloedrivierpoort aangebied. Dit was die agtste kamp.

Die leerders het van hul mandaat as krygers vir God se Koninkryk, die outoriteit wat hul oor moet beskik om ‘n verskil te maak en hoe om nie moed op te gee nie, geleer. Hulle het oor verhoudings en die belangrikheid van jou karakter gesels.

Die leerders het elkeen ‘n pragtige en unieke ervaring met die Here gehad en die kampe getuig daarvan dat tyd, weg van die boeke en saam met medegelowiges, van onskatbare waarde is.

Ons is bevoorreg om die kampe te kan hou en sien baie uit na wat vir die Pioniers-vir-Christus-beweging voorlê.

ALSO READ: Pioniers presteer weereens op verskeie gebiede

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button