SchoolsVryheid Herald

Pionier presteer op sportgebied

Die name van die span, wat aan SANSSU se Top 80-kompetisie gaan deelneem, is nog nie bekend gemaak nie

NWU PUK16-REEKS TEEN HOËRSKOOL SAREL CILLIERS

Op 1 Maart 2025 het Hoërskool Pionier teen Hoërskool Sarel Cilliers op sportgebied gekompeteer. Sportmangees en deursettingsvermoë het by elke wedstryd die botoon gevoer. Pionier is baie trots op elke span wat hul heel beste gegee het om van hierdie dag ‘n sukses te maak.

RUGBY

0.14A wen 48-0
Puntemakers:
Drieë: Theo Roelofse, Liam Oosthuizen, Ruan Nortjie, Jurgens Booysen (5)
Verdoel: Gideon Gouws (4)
Speler van die Wedstryd: Jurgen Booysen

0.15B wen 27-17
Puntemakers:
Drieë: Alex Breedt, Tinus Lindeque, Gysbert Potgieter, Johandre Van Rooyen en Wj Stydom
Verdoel: Keanu Jv Rensburg (1)
Speler van die Wedstyd: Alex Breedt

0.15A wen 40-7
Puntemakers:
Drieë: Jacob Bekker, Rowan Mcdonald, Werner van Tonder, Simeon Meyer, Jandrey Joubert, Marno Britx
Verdoel: Henk Booysen (1), Jacob Bekker (4)
Speler van die Wedstryd: Simeon Meyer

Tweedespan verloor 5-48
Puntemakers:
Drie: Austin du Randt

Eerstespan verloor 17-23
Puntemakers:
Drieë: Staphan Nel, Franko Jonker
Verdoel: Gerber Diedericks (1)
Strafskoppe: Josh Jordaan, Gerber Diedericks

NETBAL

Eerstespan: wen 46 – 16
Tweedespan: wen 21 – 4
16A: wen 17 – 12
15A: wen 19 – 11
15B: verloor 7-10
14A: verloor 7 – 10

HOKKIE

Die seuns se eerstespan moes Donderdag, 27 Februarie reeds hulle bepaling teen Sarel Cilliers speel a.g.v. ander verpligtinge en toernooie. Die span bestaan uit meer as 50% juniorspelers vanaf gr. 8 en 9, maar hulle het nietemin goed teen die seniorspan van Sarel Cilliers gevaar.

Hulle verloor met ‘n telling van 0 – 8.

Saterdag het die meisiespanne met die volgende wentellings huis toe gekom:

Eerstespan: 3-2
Tweedespan: 4-0
0/16: 5-0
0/15: 3-0
0/14: 4-1

Baie geluk aan die dogterspanne wat al hul wedstryde gewen het. Pionier is baie trots op julle.

SKYFSKIET

Op 28 Februarie tot 1 Maart het elf van Pionier se top skuts aan die Mpumalanga Interskole deelgeneem. Die naweek was ‘n groot sukses. Die skuts het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en het drie silwer medaljes en twee trofeë vir eerste plekke (goud) verower.

Dit was topgehalte tellings vir so vroeg in die seisoen.

Veer-afdeling:
o.21:
5de: Lizaan Jansen.
o.16
1ste (goud): Frans Saaijman.
2de: Maarten Grobbelaar.
6de: Emily Timms.

Sporter-afdeling:
o.21
1ste (goud): Wileze Scheepers.
6de: Niquita Steyn.
12de: Lesaydi de Wet.
21ste: Mia Myburg.
o.16
2de: Nash Olivier.
11de: Zandré Richards.
o.14
2de: Daniël Herbst.

Die name van die span, wat aan SANSSU se Top 80-kompetisie gaan deelneem, is nog nie bekend gemaak nie.

OP DIE KALENDER

8 Maart 2025: Sport teen Hoërskool Ferrum.

ALSO READ: Pionier-leerders is geseënd

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button