Pionier-leerders is geseënd
Die jong bedieningspan se getuienis en voorbeeld het die leerders geïnspireer om na die Vader terug te draai
PIONIERS VIR CHRISTUS
Donderdagaand, 20 Februarie, het ongeveer 180 leerders Pionier se lofprysingsaand bygewoon. Die tema was om terug te draai na die Vader se huis.
Die bedieningspan van “Heal the Land Ministries, Pretoria” het nie net met hul hele hart op die verhoog gesing nie, maar die Vader se Lig, wat hulle dra, met Pionier gedeel.
Die jong bedieningspan se getuienis en voorbeeld het die leerders geïnspireer om na die Vader terug te draai.
Die aand was baie gou verby en baie het met harte, wat oorloop van liefde en blydskap, daar weggeloop en is met hoop en krag vir al die uitdagings, wat die lewe ons mee konfronteer, vervul.
PIONIERS-VIR-CHRISTUS-KAMP
Op 21-23 Februarie is ‘n suksesvolle Pioniers-vir-Christus-kamp, onder leiding van mej. Greeff en die bedieningspan van Heal the land Ministries, by die plaas van mnr. Piet Fourie en mev. Marie Fourie by Bloedrivierpoort, aangebied. Die leerders het die kamp baie geniet en met nuwe harte vir Jesus Christus teruggekom.
HOKKIEKLINIEK
Pionier het vanjaar die hokkieseisoen met ‘n fantastiese kliniek afgeskop. Die kliniek is weer op Pionier se astrobaan deur Graham Collett en Mziyanda Mangi van Hockey Academy Skills aangebied. Die afrigters het van Pretoria af gery om ons kinders weer die basiese vaardighede en nuwe wenke, wat hul tydens 2025 se wedstryde kan gebruik, geleer.
Ons is trots op die groep leerders en hul afrigters wat aan die kliniek deelgeneem het.
Die kliniek, wat ons aan die einde van 2024, in samewerking met hierdie puik afrigters gehad het, was ‘n reuse sukses en ons het beoog om weer die afgelope naweek dieselfde te bereik. Ons kan met tevrede en opgewonde harte sê dat ons dit reggekry het! Ons is opgewonde om te sien hoe die spelers die opleiding, wat hul 21-22 Februarie ontvang het, hierdie jaar sal kan toepas! Ons beoog om weer in Augustus hierdie afrigters by ons vir meer pret en Pionier-plesier te ontvang.
ALSO READ: Hoe rooier hoe mooier by Pionier
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



