SchoolsVryheid Herald

Pionier presteer in sport en kultuur

Dankie aan al die afrigters vir hulle toegewydheid en spelers vir hulle geesdrif

SKYFSKIET

Pionier is baie trots op Niquita Steyn, Nash Olivier, Frans Saaijman en Wileze Scheepers, wat na die Mpumalanga Ope, deurdring na die Top 80-skyfskietkompetisie, wat vanaf 10-12 April in Upington aangebied word. Die skuts staan daar die kans om vir die SA-span gekies te word wat in Augustus in Brittanje gaan deelneem. Ons beste wense vergesel hulle.

BRUGBOU 2025

Op Donderdag, 6 Maart, het ses van Pionier se leerders aan die jaarlikse SAICE-brugbou- kompetisie te Harrismith deelgeneem Die kompetisie vorm deel van n uitdunrondte, waar skole in 15 streke regoor Suid-Afrika ‘n brugboukompetisie hou om die skool te kroon wat die sterkste brug uit voorgeskrewe materiaal kan bou. Die Oos-Vrystaat-streek is Donderdag deur Hoërskool Fiksburg met n brug, wat n gewig van 87 kg kon dra, gewen. Die Pionier- leerders het baie ervaring opgedoen en het reeds planne begin beraam om hulle persoonlike beste in die kompetisie te verbeter.

EG JANSEN-REDENAARSKOMPETISIE

Op Vrydag, 7 Maart, was dit weer tyd vir ons redenaars om aan die EG Jansen-redenaarskompetisie te Hoërskool Amanzimtoti te gaan deelneem. Beide ons junior- en seniorspan het bewys waarom hulle die span gehaal het. Nie net het hulle ons harte warm laat klop met uitstekende redenaarsvermoë nie, maar ook met hul pragtige gesindhede. Amelda Ungerer (gr. 12) groet vanjaar vir oom EG Jansen, na vele suksesvolle deelnames. Haar senior spanmaat was Kyla Bosman. Vir die twee junior manne, Jaco van Niekerk en Joshua du Preez, was dit ‘n eerste, maar wie sou dit kon dink as jy hulle vaardighede en selfvertroue beleef het? Julle het ons trots gemaak! Sterkte met die res van die redenaarseisoen wat pas afgeskop het.

NWU PUK 16-SPORTDAG TEEN HOËRSKOOL FERRUM

Op 8 Maart het Hoërskool Pionier en Hoërskool Ferrum in die NWU PUK 16- sportreeks kragte gemeet. In al die sportsoorte het die leerders dit baie moeilik vir mekaar gemaak en kon die toeskouers en afrigters supertrots op hul spanne wees. Die volgende uitslae spreek vanself:

RUGBY

14A wen 12-3
Drieë: Heinrich Bothes en Jurgens Booysen
Verdoel: Gideon Crous
Speler van die Wedstryd: Tristan Basson

14B verloor 17-28
Drieë: Theo Roelofse druk twee, Joshua Malethe
Verdoel: Gideon Crous
Speler van die wedstryd: Theo Roelofse

15B verloor teen Vryheid Landbou 15A
Drieë: WJ Strydom, Nash Olivier
Verdoel: Keanu Jeandré Janse van Rensburg
Speler Van Die Wedstryd: Thinus Lindeque

15A wen 24-23
Drieë: Simeon Meyer, Mateo Van Rooyen en Mathew Mathys
Verdoel: Henk Booysen (3) en een strafdoel
Spelers Van Die Wedstryd: Marnus Pretorius en Jacques de Villiërs

16A verloor 5-14
Drie: Dries Booysen
Speler van die Wedstryd: CJ Muller

Tweedespan verloor 7-38
Drie: Nathan Nel
Verdoel: Nathan Nel

Eerstespan wen 21-18
Drieë: Gerber Diedericks, Dylan Smit
Verdoel: Gerber Diedericks
Strafskoppe: Gerber Diedericks (3)

NETBAL

Eerstespan verloor 19-26
Tweedespan wen 22-6
O/16A wen 22-8
O/16B verloor 8-16
O/15A verloor 11-18
O/14A verloor 4-15

Die netbaldogters het uitmuntend gespeel, hard geveg en net hul heel beste tot die einde van elke wedstryd gegee. Pionier is baie trots op elke netbalspeler, veral die tweedespan en o.16A-span met hul uitmuntende spel.

HOKKIE

Van die hokkie se kant af het ons mooi hokkiespel tussen die twee skole met sterk wedywering beleef. Ons seunshokkiespan het baie teen ‘n uitmuntende eerstespan-spel van Ferrum se seuns geleer. Die wedstryd is op versoek van beide skole verkort en het die res van die speeltyd ‘n leersessie geword, waarin die seuns van Ferrum se seniorspelers die jong 0/14-Pioniers met vaardigheidslesse ondersteun het. Ons dank aan die die twee skole se mooi gebaar van sportmangees. Die seuns verloor teen Ferrum met ‘n telling van 0 – 12.

Saterdag se wedstrydtellings is as volg:

O/14 wen 3-1
O/15 verloor 1-4
O/16 verloor 0-3
Tweedespan speel gelykop 0-0
Eerstespan verloor 1-2

Baie geluk aan die 0/14’s en tweedespan met Saterdag se sukses.

Dankie aan al die afrigters vir hulle toegewydheid en spelers vir hulle geesdrif, uithouvermoë en mooi gedrag gedurende die wedstryde. Ons is ook dankbaar dat daar geen beserings was nie. Ons dank ook aan buiteskeidsregters, wat bereid was om hulle tyd en vaardigheid te kon gee om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak.

OP DIE KALENDER

· 13 Maart 2025: Oratorsaand.

· 15 Maart 2025: Sport teen Hoërskool Volksrust.

ALSO READ: Pionier presteer op sportgebied

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button