SchoolsVryheid Herald

Pionier se Oratorsaand ‘n reuse sukses

In die juniorafdeling was daar 18 sprekers in die voorbereide afdeling

ORATORSAAND

Op Donderdag, 13 Maart, het die jaarlikse Oratorsaand weer plaasgevind. Dit is hier waar enige spreker die geleentheid gebied word om hul sprak te kom sprook. Hierdie jaar was ons verras met die gehalte opkomende nuwe sprekers. Die gr.9’s van verlede jaar het hier gewys dat hulle braaf genoeg is om in die senior afdeling deel te neem en nie ‘n tree hoef terug te staan nie. In die juniorafdeling was daar 18 sprekers in die voorbereide afdeling en selfs drie in die onvoorbereide afdeling. Dit is ook by dié vlagskipgeleentheid waar ons redenaars kwalifiseer om aan die ATKV-redenaarskompetisie te gaan deelneem.

Die uitslae is as volg:

· Gr.10-12 Afrikaans Huistaal (Voorbereid):
Derde: Cherize Combrink.
Tweede: Ju-André Vlok.
Eerste: Christian Rix.

· Gr.8-9 Afrikaans Huistaal (Voorbereid):
Derde: Miané Harris.
Tweede: Denise van Wyk.
Eerste: Ivoné Lombard.

· Gr.10-12 Afrikaans Huistaal (Onvoorbereid):
Derde: Wijtske Fourie.
Tweede: Cherize Combrink.
Eerste: Christian Rix.

· Gr.8-9 Afrikaans Huistaal (Onvoorbereid):
Derde: Suzaan Reinecke.
Tweede: Anzené Cloete.
Eerste: Jaco van Niekerk.

· Gr.10-12 Afrikaans Addisionele Taal: Caydi Booysen het die Addisionele Taal Onvoorbereid gewen en tweede in die Addisionele Taal Voorbereid geëindig. Fihli Tsotsetsi was die wenner in die Afrikaans Addisionele Taal (Voorbereid).
Pionier is trots op elke deelnemer.

NWU 16-SPORTREEKS
Die finale rondte poelwedstryde in die NWU 16-sportreeks het Saterdag, 15 Maart, teen Hoërskool Volksrust op Pionier se gronde plaasgevind.

HOKKIE
Ons het mooi hokkiespel gesien en die fyn sproeireën, wat soms uitgesak het, het nie die entoesiasme van die spelers gedemp nie. Die seunshokkiespan het relatief goed gevaar met ‘n kleiner telling van 0-8 teen die seniorspan van Volksrust. Die jong span, bestaande uit hoofsaaklik junior spelers, speel met elke wedstryd beter teen skole se oorwegende senior spelers.

Die dogterspanne se tellings het hulle in goeie posisies vir die semifinaal, wat in die tweede kwartaal plaasvind, geplaas. Ons gelukwense aan elkeen van hierdie spanne en hoop vir groot sukses in die twee eindstrydbepalings wat vir hulle voorlê.

Saterdag se wedstrydtellings as volg:
0/14 verloor 1 – 2
0/15 wen 4 – 0
0/16 wen 2 – 1
Tweedespan wen 5 – 2
Eerstespan wen 3 – 1

NETBAL
Op 12 Maart het die o.16B- en die o.15B-netbalspanne vriendskaplike wedstryde teen Vryheid Landbou gespeel.

Die uitslae is as volg:
o.16B teen Landbou se tweedespan: 9-10.
o.15B teen Landbou se o.15A-span: 8-12.

Op 15 Maart het Pionier teen Hoërskool Volksrust gespeel. Pionier is trots op al die netbalspanne wat hul wedstryde oortuigend gewen het.

1ste: 45-17.
2de: 21-3.
0.16A: 21-8.
0.15A: 19-8.
0.14A: 7-1.

RUGBY
14A: wen 27-14
Drieë : FC Eicker, Jurgens Booysens (2) Liam Oosthuizen en Alex Heyns.
Verdoel: Gideon Crous.
Speler van die Wedstryd: Liam Oosthuzen.

15B: wen 46-0
Drieë: WJ Strydom (3), Jayden Janse van Rensburg (2), Alex Breedt en en Gysbert Potgieter.
Verdoel: Keanu Janse van Rensburg (5).
Speler Van Die Wedstryd: WJ Davel.

15A: wen 31-5
Drieë: Jacob Bekker (2), W van Tonder, H.M Booysen en Rowan McDonald.
Verdoel: Henk Booysen (3).
Speler Van Die Wedstryd: Jacob Bekker.

16A: verloor 19-26
Drieë: CJ Muller (2) en Dries Booysen
Speler van die Wedstryd: Dries Booysen

Tweedespan: wen 36-0
Drieë: Arno Theron, Nathan Nel, Reinard Backeberg, Anthony Byrnes (2) en Lubrecht Coetzee.
Verdoel: Nathan Nel, Calla Strydom, Willie Landman.

Eerstespan: wen 43-10
Drieë: Jacques Richter, Franco Jonker, Richard van der Walt, Stephan Nel, Dawid Joubert (3).
Verdoel: Gerber Diedericks (3) en Josh Jordaan.
Speler van die Wedstryd: Dawid Joubert

SKYFSKIET
Op 15 Maart het Pionier se skyfskietspan aan die liga 2-kompetisie in Durban deelgeneem.

Die uitslae is as volg:
Persoonlike beste medaljes:
Wileze Scheepers, Nash Olivier, Frans Saaijman en Maarten Grobbelaar.

Top punte vir liga 1:
o.21-Sporterklas:
Goud: Wileze Scheepers; silwer: Lesaydi de Wet.

o.16-Sporterklas:
Brons: Nash Olivier

o.16-Veerklas:
Silwer: Frans Saaijman; brons: Maarten Grobbelaar.

o.14-Sporterklas:
Goud: Daniel Herbst; silwer: Dané Els.

o.14-Veerklas:
Goud: Zane le Grange; silwer: Miané Kriel.

Die skuts het Saterdag uitstekend geskiet en die volgende top5-posisies is behaal:

o.21-Sporterklas:
Eerste: Niquita Steyn.
Tweede: Lesaydi de Wet.
Vyfde: Mia Myburgh.

o.21-Veerklas:
Vierde: Matthew Bothma.

o.16-Sporterklas
Tweede: Nash Olivier.
Derde: Zandré Richards.

o.16-Veerklas:
Eerste: Frans Saaijman.
Tweede: Maarten Grobbelaar.

o.14-Sporterklas
Eerste: Daniël Herbst.
Vierde: Markus Erasmus.
Vyfde: Dané Els.

o.14-Veerklas:
Tweede: Zane le Grange.
Derde: Miané Kriel.
Vierde: Diané Barnard.

ALSO READ: Pionier presteer in sport en kultuur

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Back to top button