SchoolsVryheid Herald

Mej. Pionier – ‘n sprankelende Ierse sukses

Na ‘n strawwe en indrukwekkende kompetisie is Charissa Volschenk as Mej. Pionier 2025 gekroon

MEJ. PIONIER 2025

Woensdag, 19 Maart, was ‘n aand van skoonheid, grasie en styl toe Hoërskool Pionier se Mej. Pionier-kompetisie plaasgevind het. Die geleentheid was ‘n glansryke geleentheid, met talentvolle en beeldskone finaliste wat op die verhoog geskyn het.

Na ‘n strawwe en indrukwekkende kompetisie is Charissa Volschenk as Mej. Pionier 2025 gekroon. Sy het die gehoor en beoordelaars met haar selfvertroue, grasie en sprankelende persoonlikheid bekoor.

Die eerste prinses, Kyla Bosman, het met haar betowering en elegansie die tweede plek behaal, terwyl Leané Janse van Rensburg as tweede prinses weggestap het.

Benewens haar plek as tweede prinses het Leané ook die gesogte Mej. Persoonlikheid-titel ontvang, ‘n bewys van haar warm geaardheid en vriendelikheid. Kyla Bosman het nie net as eerste prinses geëindig nie, maar is ook as Mej. Fotogenies aangewys, ‘n titel wat haar pragtige voorkoms en kameravriendelikheid beklemtoon.

Die aand was ‘n onvergeetlike ervaring vir al die deelnemers en gaste. Hoërskool Pionier het weereens gewys dat hul ‘n skool is wat talent en skoonheid in gelyke mate vier.

EERSTE NETBALSPAN TRIOMFEER

Pionier se eerste netbalspan het onlangs uitmuntend tydens ‘n netbaltoernooi in Parys presteer. Die span het ononderbroke oorwinnings in al hul wedstryde behaal en is dus as die uiteindelike wenners van die toernooi gekroon.

Op die eerste dag van die toernooi het die Pionier-span met oortuiging teen Fochville gespeel en ‘n gemaklike 23-17 oorwinning behaal. Die tweede wedstryd teen Zastron was ‘n indrukwekkende vertoning van die span se vaardighede en hulle het die wedstryd oortuigend met 40-15 gewen.

As gevolg van die reën, wat die wedstrydskedule beïnvloed het, moes die speeltye aangepas word. Op die tweede dag het Pionier in drie wedstryde gespeel en het nie toegelaat dat die ongunstige weer hulle sukses beperk nie. In die eerste wedstryd het Pionier teen Brandford gespeel en met ‘n gemaklike 36-18 gewen. Daarna het die span Die Anker met 59-11 geklop en laastens Kempton Panorama met 58-10.

Op die derde dag het die span hul afdag by Goldreef City geniet. Hulle het ‘n lekker spel Lacer Tag gespeel. Hierdie bederf het die spelers die kans gegee om hulle energie vir die laaste wedstryde te laai.

Op die laaste dag van die toernooi het die reën verhoed dat die laaste wedstryde kon plaasvind. Tog het die Pionier-span nie moed opgegee nie. Deur ‘n doeltreffende puntetoekenningstelsel het hulle die toernooi as wenner afgesluit.

Met ‘n oorweldigende prestasie het Pionier nie net die toernooi gewen nie, maar ook hul onmiskenbare vaardighede op die netbalbaan bewys. Hierdie toernooi het weereens die span se talente en deursettingsvermoë getoon en hulle sal sonder twyfel as ‘n kragtige span erken word.

DOGTERSKRIEKET

Die distriks- en provinsiale proewe vir die Tuskers o.16- en o.19-meisiespanne is op 23 Maart 2025 suksesvol afgehandel. Die voorlopige uitslae is aan die sportdirekteure en afrigters gestuur. Hierdie uitslae dui aan watter spelers vir die Winter/Shadow -opleidingspanne ter voorbereiding van die finale proewe en Nasionale Weke gekies is.

Baie geluk aan Leandri Grobler en Mekayla Jordan wat vir die span gekies is!

Ons is trots op julle en sien uit na julle deelname aan die voorbereidingskampe.

Die volledige lys is aan die betrokke skole gestuur en verdere inligting oor die opleidingsprogramme sal binnekort gedeel word.

RUGBY

Op 15 Maart het Pionier se eerste rugbyspan teen Hoërskool Gelofte op Pionier se rugbyveld meegeding. Pionier se eerstespan wen 24-3. Drieë: Jean Theron, Austin du Randt, Corné van der Walt Walt en Stephan Nel. Verdoel: Josh Jordaan en Gerber Diedericks

Tydens die Parys Namgola Cup Toer het Pionier se eerste span eerste teen Hoërskool Zastron gespeel en 22-17 gewen. Drieë: Hugo Joubert, Dylan Smith en Corné van der Walt.
Verdoel: Gerber Diedericks (2), Strafskoppe: Gerber Diedericks. Speler van die Wedstryd: Anthony Byrnes

Die volgende wedstryd was teen Hoërskool Parys. Pionier het 19-12 gewen.

Drieë: 1 Strafdrie, Hugo Joubert, Dawid Joubert. Speler van die Wedstryd: Dawid Joubert

Die finaal teen Hoërskool Brandfort is as gevolg van die reën gekanselleer. Die beker is dus met Hoërskool Brandfort gedeel.

ALSO READ: Pioniers gee om

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button