Pionier presteer op sportgebied
Al die spanne het baie goed gespeel en Pionier sien uit na die finaal wat te Potchefstroom sal plaasvind
SWEM
Pionier is borsbarstrots op Ashley Loch, wat 26-29 Maart 2025 aan die Level 3-gala in Richardsbaai deelgeneem het en uitstekend presteer het. Sy is ingeskryf vir vier items en het drie goue medaljes vir 50m-rugslag, 100m-rugslag en 50m-vlinderslag asook een silwer medalje vir 50m-vryslag verwerf.
Daarna het sy vanaf 4-8 April aan die SA-skole-swemgala in Bloemfontein deelgeneem en een brons medalje vir die o.18-dogters-medleyaflos en twee vierde plekke vir 0.18-dogters 50m-vlinderslag en 50m-rugslag verwerf.
Ashley, jou uitstekende prestasies getuig van kilometers se oefening in die swembad. Ons hou jou swemtoekoms met hoë verwagtinge dop.
Die volgende swemmers het ook gekwalifiseer om aan die nasionale Level 3-gala op 26-29 Maart in Richardsbaai deel te neem: Carli Eybers, Leandri Grobler, Reinhard Meyer en Marnus Pretorius. Die volgende swemmers het gekwalifiseer om aan die nasionale Level 2-gala op 31 Maart tot 2 April in Richardsbaai deel te neem: Markus Erasmus, Lelanie Marais, Richelle Rothman en Charissa Volschenk. Al hierdie swemmers het hul uitstekend van hul taak gekwyt.
GHOLF
Ju-André Vlok het op Saterdag, 13 April, aan die 2025-gholfklubkampioenskap in Pongola deelgeneem. Hy is na 36 gaatjies as die Junior-klubkampioen aangewys. Ju-André, Pionier is baie trots op jou.
EERSTESPAN-HOKKIETOER
Die eerste hokkiespan het vanaf 4-8 April na Camp Discovery, te Dinokeng, getoer. Die span en hul afrigter wil graag Eaglepeak Spur en Elmar Gouws, wat die hokkiedogters met ontbyt en koffie bederf het, bedank. Die dogters het ‘n heerlike aand by Montecasino geniet en mekaar vir ‘n rondte “Lazertag” en tienpenboulwerk uitgedaag.
Die kamp se aktiwiteite was goed vir spanbou en die dogters het die insiggewende opleidingsessies in die oggende en wedstryde in die middae geniet.
Die hindernisbane, safariritte en spanboukursusse, wat ontwerp is om spanwerk en samewerking te verbeter deur op kommunikasie, probleemoplossing en leierskapvaardighede deur ervaringsaktiwiteite te fokus, het ook vir baie humor gesorg. Camp Discovery se fasiliteerders het vir baie pret saans gesorg. Dankie aan Camp Discovery en die dogters se fasiliteerder, Johan Bossert, vir die onvergeetlike tyd.
Uitslae vir die wedstryde is as volg:
· Wen 3-0 teen Carletonville.
· Verloor 0-1 teen Curro Heuwelkruin.
· Wen 2-0 teen Die Wagpos.
· Gelykop teen Erasmus.
· Verloor 0-1 teen Ferdinand Postma.
· Wen 2-0 teen Kalahari.
· Wen 2-0 teen Hans Strijdom.
Ons eerste hokkiespan bedank al die borge wat hierdie onvergeetlike toer moontlik gemaak het.
PUK16-KOMPETISIE
Op Saterdag, 12 April, het die semifinaal van die PUK16-kompetisie in Groblersdal plaasgevind. Hiermee volg die uitslae:
NETBAL
· Eerstespan wen 33-30 teen Ellisras.
· Tweedespan wen 17-12 teen Ellisras.
· O.16A-span verloor 13-23 teen Ben Viljoen.
· O.15A-span verloor 8-18 teen Ben Viljoen.
· O.14A-span wen 21-7 teen Pretoria-Noord.
RUGBY
· Eerstespan verloor 17-21 teen Hoërskool Ellisras
Drieë: Hugo Joubert (strafdrie), David Joubert
Verdoel: Gerber Diedericks
Strafskoppe: Gerber Diedericks
· Tweedespan wen 19-15 teen Hoërskool Pretoria-Noord
Drieë: Christo Diedericks, Jacques Richter, Tristan van der Linde
Verdoel: Nathan Nel (2)
· O.16-span verloor 12-24 teen Hoërskool Ben Viljoen
Drieë: Jacob Bekker, Simeon Meyer.
Verdoel: Henk Booysen
Speler van die Wedstryd: Marnus Pretorius
· O.14-span verloor 7-24 teen Hoërskool Ellisras
Drieë: Liam Oosthuizen
Verdoel: Gideon Crous
Speler van die wedstryd: dit word deur Alex Heyns en Jurgens Booysen gedeel.
HOKKIE
· o.14-span verloor 3-4 teen Ellisras
· o.15-span verloor 2-4 teen Ben Viljoen
· o.16-span wen 2-1 teen Ellisras
· Tweedespan verloor 0-3 na ‘n gelykoptelling die wedstryd na ‘n 8 sekonde-doeluitspel teen Ben Viljoen .
· Eerstespan verloor 1-2 teen Pretoria-Noord
Al die spanne het baie goed gespeel en Pionier sien uit na die finaal wat te Potchefstroom sal plaasvind. Ons is trots op almal se deursettingsvermoë en sportmangees.
ALSO READ: Mej. Pionier – ‘n sprankelende Ierse sukses
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



