Pionier skitter in sport en geloof tydens gedenkwaardige naweek
Pionier-leerders behaal sportprestasies én ervaar geestelike groei tydens inspirerende naweek.
Skyfskiet:
Op 26 Julie 2025 het die Pionier-skuts aan die liga 5-skyfskietkompetisie te Hoërskool Ferrum in Newcastle deelgeneem.
Die volgende skuts het tydens liga 2 en 4 hul persoonlike beste tellings verbeter: Miané Kriel (2 en 4), Zane le Grange (2 en 4), Dané Els (2 en 4), Matthew Bothma, Lesaydi de Wet, Zandré Richards (2 en 4), Diané Barnard, Markus Erasmus, Juan Cilliers en Daniël Herbst.
Medaljewenners: Liga 2
o.21-sporterklas
Eerste plek: Niquita Steyn.
Goud: Lesaydi de Wet.
o.16-sporterklas
Silwer: Nash Olivier.
Brons: Zandré Richards.
o.16-veerklas
Goud: Frans Saaijman.
Silwer: Maarten Grobbelaar.
o.14-sporterklas
Goud: Daniël Herbst
o.14-veerklas
Silwer: Zane le Grange
Brons: Miané Kriel
Medaljewenners: Liga 4
o.21-sporterklas
Eerste plek: Niquita Steyn
Goud: Wileze Scheepers
o.21-veerklas
Silwer: Lizaan Jansen
o.16-sporterklas
Brons: Nash Olivier
o.16-veerklas
Goud: Frans Saaijman
Silwer: Maarten Grobbelaar
o.14-sporterklas
Goud: Markus Erasmus
Silwer: Daniël Herbst
Brons: Zane le Grange
o.14-veerklas
Silwer: Miané Kriel
Tydens liga 5 verwerf die skuts die volgende prestasies:
o.21-sporterklas
Eerste: Wileze Scheepers, tweede: Niquita Steyn, derde: Lesaydi de Wet en sesde: Mia Myburgh.
o.16-sporterklas
Derde: Nash Olivier, vierde: Zandré Richards, agtste: Juan Cilliers en 14de: Liam Liversage.
o.14-sporterklas
Tweede: Markus Erasmus, derde: Zane le Grange, vierde: Daniël Herbst, sesde: Dané Els en agtste: Johannes Coetzee.
Die volgende skyfskietkompetisie is die KZN-interskole op 22–24 Augustus te Glenwood High School in Durban. Daar lê nog baie ure se oefening voor om slaggereed te wees om weer die gesogte Angel-trofee te wen.
Tennis:
Op 26 Julie het Pionier aan ’n voorseisoentoernooi te Newcastle deelgeneem.
Reinhard Meyer het as lid van ’n St Dominic’s-span deelgeneem. Hy het Dubbels, Gemengde Dubbels en Enkels gespeel. FC Chamberlain het as ’n lid van Hoërskool Ladysmith se span Dubbels, Gemengde Dubbels en Enkels gespeel.
Die kwartaal se eerste tenniswedstryde was opwindend en die tennisspelers sien uit na die seisoen wat voorlê.
PVC-Kamp 10:
Pionier se PVC-groep het die afgelope naweek, o.l.v. mej. Yvette Greeff en met die hulp van ’n bedieningspan van Heal the Land Ministries Pretoria, weer ’n baie suksesvolle Pioniers vir Christus-kamp te Goedgeloof-plaas, Bloedrivierpoort, aangebied.
Saam het hulle ’n berg uitgeklim en hul vrese oorkom. Op die berg het hulle verklarings oor Vryheid uitgespreek. Elke kind het sy of haar hartsbegeerte vir ons pragtige dorp, nl. liefde, vryheid, vreugde, vrede, oop harte om God se liefde te kan ervaar, dankbaarheid, voorspoed, vooruitgang, hoop, herstel van gesinne, asook skole en besighede wat sal kies om terug te draai na Jesus, uitgespreek.
Die Heilige Gees was baie getrou en het op ’n besonderse manier met elkeen te werk gegaan. Die pragtige getuienisse het van waarlike diep ervarings met hul Skepper getuig.
Die kamp sal beslis ’n blywende effek op die jongmense se lewens hê, waarvan hulle vir die res van hul lewens sal getuig.
As die Here jou roep, sê “JA!”
Die 220 leerders wat Donderdagaand, 24 Februarie, Pionier se lofprysingsaand bygewoon het, sal beslis getuig die tema was: “Om terug te draai en na die Vader se huis terug te gaan!”
Die bedieningspan van Heal the Land Ministries Pretoria het nie net hul harte op die verhoog kom uitsing nie, maar die Vader se Lig, wat hulle dra, met ons kom deel.
Die jong bedieningspan se getuienis en voorbeeld het die leerders geïnspireer om terug te draai na die Vader. Die aand is gou verby en baie het met harte wat oorloop van liefde en blydskap daar weggestap – versterk met hoop en krag vir al die uitdagings wat die lewe ons mee konfronteer.
ALSO READ: Pionier-leerder geniet ATKV-Kultuurkuier
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



