SchoolsVryheid Herald

Pionier spog met oorwinnings in woordspel, rugby, hokkie, netbal en krieket

Pionier se sport- en kultuurspanne behaal uitstaande prestasies in verskeie kompetisies.

OP DIE SPEL

Op Donderdag, 7 Augustus, het Pionier se ATKV-jeugtak, Hupstoot, weereens ‘n geslaagde Op die Spel- kompetisie aangebied. Die juniors en seniors het in aparte afdelings deelgeneem en die groot kontantwenpryse was ‘n groot trekpleister.

Die deelnemers het die beoordelaars, gehoor en onderwysers aangenaam verras. Wie het gesê tieners kan nie spel nie?

Die top 3 leerders in die junior- en seniorafdelings:

Juniors:

Eerste: Anika van Niekerk.
Tweede: Joshua du Preez.
Derde: Liani Cilliers.

Seniors:

Eerste: Jayden van Rooyen.
Tweede: Leonie Joubert.
Derde: Carmen Stuart.

7’S-RUGBY

Op 8-9 Augustus het Pionier se 7’s-rugbyspelers aan Hoërskool Vryheid se 7’s-rugbytoernooi deelgeneem. Hiermee die uitslae:

0/17:
Pionier vs. Newcastle verloor 0-30;
Pionier vs. Ondini wen 52-0;
Pionier vs. Ferrum verloor 0-34;
Pionier vs. Vryheid Landbou verloor 26-28.

o.15B (Poelwedstryde):

Pionier vs. Newcastle verloor 5-17;
Pionier 2 vs. VHS verloor 12-26.

o.15A (Poelwedstryde):

Pionier vs. Amajuba wen 48-0;
Pionier vs. Curro Salt Rock wen 59-0.

“Bowl Semi’s”:
Pionier 15B vs. Ulundi wen 43-0

Beker: Kwarteindrondte:
Pionier 15A vs. VHS 2 wen 28-0.

Beker: Semifinaal:
Pionier 15A vs. Ferrum verloor 14-26.

Bowl-finaal:
Pionier 15B vs. Khanjajalo wen 21-12.

DOGTERSHOKKIE

Op 9 Augustus het Pionier se 7’s-hokkiespanne aan Hoërskool Newcastle se 7’s-hokkietoernooi deelgeneem. Drie van Pionier se spanne het deelgeneem. Pionier het twee seniorspanne (o.16 en o.17) as Pionier 1 en 2, asook een juniorspan (o.14 en o.15 gekombineerd) as Pionier 3 ingeskryf.

Al drie ons spanne het saam in die toernooi deelgeneem. Dit sou ook teweegbring dat ons moontlik teen ons eie spanne moes meeding. Die skole by die toernooi was Newcastle, Ferrum, Sarel Cilliers, Vryheid en Pionier.

Na afloop van die semifinaal-wedstrydbepalings was die uitslae as volg:

Pionier 1 het uit die agt wedstryde twee gelykop en ses gewen.

Pionier 2 het uit sewe wedstryde twee gelykop, vier verloor en een gewen.

Pionier 3 het uit sewe wedstryde een gelykop, een verloor en vyf gewen.

Met die eindstryd van die semifinaal moes Pionier 1 en Pionier 3 uitspeel en het die 8 sekonde-reël die oorwinning aan Pionier 1 se seniorspan met ‘n telling van 2 -1 bepaal.

Tydens die finaal het Pionier 1 teen Newcastle te staan gekom. Pionier 1 het met ‘n telling van 1-0 gewen en so die toernooi se finaaltrofee huis toe geneem. Pionier is trots op ons hokkiedogters.

FAST 5-NETBALTOERNOOI

Op 9 Augustus het Pionier se Fast 5-netbalspanne aan die FAST 5–Netbaltoerooi te Hoërskool Vryheid deelgeneem. Hiermee die uitslae:

0/17:
Pionier vs. Hoërskool Vryheid wen 17 – 11;
Pionier vs. Vryheid Landbou wen 14 – 4;
Pionier vs. Hoërskool Piet Retief verloor 13 -16;
Pionier vs. Hoërskool Ferrum verloor 12 – 14;
Pionier vs. Curro Salt Rock verloor 8 – 10;
Pionier vs. Ondini High School wen 46 – 0.

Pionier het in die semifinaal teen Curro Salt Rock dié wedstryd 7-16 verloor.

0/15:
Pionier vs. Hoërskool Vryheid wen 17 – 8;
Pionier vs. Vryheid Landbou wen 11 – 8;
Pionier vs. Hoërskool Piet Retief verloor 8 – 14;
Pionier vs. Hoërskool Ferrum verloor 7 – 8;
Pionier vs. Curro Salt Rock wen 18 – 1;
Pionier vs. Ondini High School wen 34 – 0.

Na die uitspeelrondtes het Pionier teen Vryheid Landbou in die semifinaal gespeel en 9 – 4 gewen. In die finaal teen Hoërskool Piet Retief het Pionier se o.15-span hierdie wedstryd 14 – 11 en so ook die o.15-toernooi gewen.

DOGTERSKRIEKET

Op 5 Augustus het Hoërskool Pionier se dogterskrieketspan ’n indrukwekkende oorwinning teen Pongola Akademie op hul tuisveld in Pongola behaal.

Pionier se boulers het van vroeg af druk geplaas en Pongola tot 77 lopies uit in 20 boulbeurte beperk. Met die kolf het Pionier se dogters geen tyd gemors nie en die teiken in slegs sewe boulbeurte bereik. Hulle het die wedstryd met agt paaltjies gewen – ’n bewys van uitstekende spanwerk en selfvertroue.

Die oorwinning is ’n sterk begin vir die seisoen en bevestig Pionier se posisie as ’n krag in dogterskrieket in die streek.

ALSO READ: Pionier leerders skitter op veld en verhoog

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button