SchoolsVryheid Herald

Pionier sportnaweek vol oorwinnings, hoogtepunte en spangees

Pionier spog met sterk vertonings in krieket, hokkie, netbal en tennis.

DOGTERSKRIEKET
Op 12 Augustus het Hoërskool Pionier se eerste dogterskrieketspan ‘n opwindende wedstryd teen Sarel Cilliers gespeel.
Die tuisspan het eerste gekolf en is vir 71 lopies uitgehaal.
Pionier het met selfvertroue die veld betree en die teiken nagejaag. Ten spyte van ’n paar naelbytoomblikke het hulle 72 lopies vir die verlies van sewe paaltjies aangeteken, wat vir hulle ’n welverdiende oorwinning van drie paaltjies beteken het.
Die suksesvolle wedstryd was ’n toonbeeld van spanwerk, deursettingsvermoë en kwaliteit spel van elke speler.

SEUNSKRIEKET
Op Saterdag, 16 Augustus, het Pionier se eerstespan na Ferrum gereis en teen hulle eerstespan gespeel. Pionier het die loot gewen en Ferrum eerste ingestuur om te kolf. Ferrum het 221 lopies,almal uit, in 27 beurte aangeteken. Daarna het Pionier gekolf en 122 lopies, almal uit, aangeteken. Ferrum het die wedstryd met 98 lopies gewen. Geluk aan Joshua Buijs, wat 58 lopies met die kolf aangeteken het en ook as bouler 2 paaltjies vir slegs 32 lopies gevat het. Keanu Rossouw het met uitstekende draaiboulwerk drie paaltjies ingepalm.
Pionier se o.15-krieketspan het Woensdag, 13 Augustus 2025, na Ferrum gereis om daar teen hulle o.15-span te speel.

Pionier het die loot gewen en eerste gekolf. Pionier se kolfwers het 198 lopies vir die verlies van 6 paaltjies in die 25 beurte tot hulle beskikking behaal. Die beste kolwers was Nash Olivier (74) en Henk Booysen (45).
Ferrum het tweede gekolf en is almal uit vir 63 lopies in die 13de boulbeurt uitgeboul. Die beste boulers was Reynard Meyer, wat ‘n driekuns behaal het en vier paaltjies vir ses lopies geneem het
Pionier het met 135 lopies gewen.

7’S-HOKKIE
Vier van Pionier se 7’s-hokkiespanne het Saterdag, 16 Augustus, aan Hoërskool Ferrum se André Fourie Sporttoernooi en Falcon-fees deelgeneem.
Skole betrokke was Newcastle, Sarel Cilliers, Utrecht, Amajuba, Pionier en Ferrum.
Die dogterspanne is in twee groepe verdeel.
Poel A: Newcastle, Sarel Cilliers, Pionier 2 – gemengde span, Ferrum 1 en Ferrum 3.
Poel B: Pionier 1 – seniorspan, Utrecht, Pionier 3-juniorspan, Ferrum 2 en Ferrum 4.

Die seunspanne is ook in twee poele verdeel.
Poel A: Newcastle, Sarel Cilliers en Ferrum 1.
Poel B: Pionier, Ferrum 2 en Amajuba.

Die seunswedstyduitslae:
· Pionier 1 het 0-5 teen Ferrum 2 verloor.
· Pionier 1 het 0-1 teen Amajuba verloor.
· Pionier 1 het in ‘n uitspeelwedstryd 2-1 teen Ferrum 1 gewen.
Pionier het vyfde in die seunstoernooi geëindig. FC Chamberlain is in die semifinaal as speler van die wedstryd aangewys.

Die dogterswedstryduitslae:

Eerste ronde:

Pionier 1 vs. Utrecht wen 3-0 (Charissa Volschenk speler van wedstryd).
Pionier 2 vs. Ferrum 1 verloor 0-1.
Pionier 3 vs. Ferrum 2 wen 2-0 (Kayla Mahne speler van wedstryd).

Tweede ronde:

Pionier 1 vs. Ferrum 4 wen 3-1 (Anje Erasmus speler van wedstryd).
Pionier 2 vs. Sarel Cilliers gelykop 1-1 (Chris-marie Barnard speler van wedstryd).
Pionier 3 vs. Utrecht wen 3-0 (Simoné Louw speler van wedstryd).

Derde ronde:

Pionier 2 vs. verloor Newcastle 0-5.
Pionier 1 vs. Pionier 3 wen 3-1 (Miane Harris speler van wedstryd).

Vierde ronde:

Pionier 2 vs. Ferrum 3 wen 1-0 (Anike van Niekerk speler van wedstryd).
Pionier 3 vs. Ferrum 4 wen 1-0 (Kayla Mahne speler van wedstryd).
Pionier 1 vs. Ferrum 2 wen 2-0 (Charissa Volschenk speler van wedstryd).

In die semifinaal het Pionier 1 Sarel Cilliers met 4-1 gewen en Pionier 3 met 1-2 teen Newcastle verloor.

In die finaal het Pionier 1 Hoërskool Newcastle 3-0 gewen en algeheel eerste geëindig. Pionier 3 het Sarel Cilliers 2-1 gewen en algeheel 3de geëindig.

7’S-NETBAL

Op 16 Augustus het Pionier se 7’s-netbalspanne aan die André Fourie Sportoernooi te Hoërskool Ferrum deelgeneem.

Die uitslae is as volg:

o.17:
Pionier vs. Hoërskool Newcastle wen 10 – 7 (Maja Slump speler van die wedstryd).
Pionier vs. Piet Retief gelykop 8 – 8.
Pionier vs. Sarel Cilliers wen 17 -3 (Maja Slump speler van die wedstryd).
Pionier vs. Ferrum verloor 9 – 10.
Pionier vs. Ferrum (FINAAL) verloor 11 – 12 (Leandri Grobler speler van die wedstryd).

o.15:
Pionier vs. Hoërskool Newcastle wen 10 – 6 (Carli Eybers speler van die wedstryd).
Pionier vs. Piet Retief verloor 4 – 6 (Nolitha Ndaba speler van die wedstryd).
Pionier vs. Sarel Cilliers wen 10 – 6.
Pionier vs. Ferrum wen 7 – 6 (Chané Swanepoel speler van die wedstryd).
Pionier vs. Piet Retief (FINAAL) verloor 6 – 8.

TENNIS
Pionier het op 7 Augustus teen Hoërskool Vryheid te Hoërskool Pionier gespeel.
In die vier dubbelswedstryde was die tellings as volg:
Reinhard Meyer en Dylan Smith (5-7).
FC Chamberlain en Tristan Basson (6-1).
Hugo Joubert en Tian Steenberg (6-0).
Anje Erasmus en Clarissa Viviers (6-0).

In die nege enkelswedstryde was die tellings as volg:
Reinhard Meyer (6-2).
Dylan Smith (6-2).
FC Chamberlain (6-2).
Tristan Basson (6-3).
Hugo Joubert (6-0).
Tian Steenberg (6-0).
Anje Erasmus (6-1).
Clarissa Viviers (6-2).
Andrea Flascas (7-6).

Pionier het Saterdag,16 Augustus, aan ‘n tennistoernooi teen Hoërskool Dundee en Hoërskool Newcastle deelgeneem.
Clarissa Viviers het in haar twee enkelswedstryde 4-6 teen NHS en 4-6 teen Hoërskool Dundee verloor.
Andrea Flascas het in haar twee enkelswedstryde 1-6 teen NHS en 1-6 teen Hoërskool Dundee verloor.
Reinhard Meyer het in sy twee enkelswedstryde 6-2 teen NHS en 6-2 teen Hoërskool Dundee gewen.
Dylan Smith het in sy twee enkelswedstryde 6-0 teen NHS gewen en 4-6 teen Hoërskool Dundee verloor.
Tristan Basson het in sy twee enkelswedstryde 6-1 teen NHS en 6-3 teen Hoërskool Dundee gewen.
Hugo Joubert het in sy twee enkelswedstryde 6-0 teen NHS en 6-1 teen Hoërskool Dundee gewen.
Tian Steenberg het in sy enkelswedstryd teen NHS 6-2 gewen.
André Barnard het in sy enkelswedstryd teen NHS 6-2 gewen.
Clarissa Viviers en Andrea Flascas se dubbelsuitslae: 7-6 (NHS) en 1-6 (Hoërskool Dundee).
Reinhard Meyer en Dylan Smith se dubbelsuitslae: 6-2 (NHS) en 6-3 ( Hoërskool Dundee).
Tristan Basson en Hugo Joubert se dubbelsuitslae: 6-0 (NHS) en 6-4 (Hoërskool Dundee).
Tian Steenberg en André Barnard se dubbelsuitslae: 7-6 (NHS) en 1-6 (Hoërskool Dundee).

ALSO READ: Pionier spog met oorwinnings in woordspel, rugby, hokkie, netbal en krieket

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button