SchoolsVryheid Herald

Bedrywige eerste kwartaal vol prestasies by Pionier

Pionier vier ’n besige kwartaal met sportuitslae, redenaarsukses en nasionale swemprestasies.

Die eerste kwartaal van 2026 het vinnig verbygevlieg en was met baie aktiwiteite, sport, prestasies en spesiale geleenthede by die skool gevul. Leerders en personeel het hard gewerk en met entoesiasme aan verskeie skoolaktiwiteite deelgeneem.

Wintersportuitslae teen Newcastle

Die dag het in goeie gees begin, maar ongelukkig kon al die sportspanne nie speel nie as gevolg van die weersomstandighede. Rugby: o.14A wen 7–0, o.15A wen 7–5, o.16A wen 22–8, tweedes wen 25–12, eerstespan verloor 19–24. Hokkie: seunspan verloor 1–2. Netbal:
Die wedstryde kon nie plaasvind nie.

Redenaars wys hul vernuf

Op 18 Maart het ons jaarlikse Oratorsaand plaasgevind waar leerders die geleentheid gekry het om hul redenaarsvernuf op die podium te wys. Gewapen met notas in die hand, blinkgepoetste skoene en ondersteuners aan hul sy, het 36 redenaars hul beste gelewer. Dit was ’n lang, maar baie suksesvolle aand.

Ons is veral dankbaar teenoor die ses professionele beoordelaars wat toesig gehou het en verseker het dat die uitslae regverdig was. Volgens hulle was die kompetisie, veral onder die senior leerders, van ’n baie hoë standaard.

Wenners dring deur na volgende rondte

Baie geluk aan die volgende wenners wat gekwalifiseer het om aan die ATKV-redenaars se eerste uitdunronde op 8 Mei by Huttenpark, Newcastle, deel te neem:

Afrikaans Huistaal Gr. 8–9 Onvoorbereid:
Anzené Cloete

Afrikaans Huistaal Gr. 10–12 Onvoorbereid:
Derde – Suzaan Reinecke
Tweede – Wijtske Fourie
Eerste – Christian Rix

Afrikaans Huistaal Voorbereid Gr. 8–9:
Vierde – Diané Barnard
Derde – Sumari Botha
Tweede (Gesamentlik) – Heike Venter en Abigail van Tonder
Eerste (Gesamentlik) – Anzené Cloete en Janice Slabbert

Afrikaans Huistaal Voorbereid Gr. 10–12:
Agste – Leardri Grobler
Sewende – Wijtske Fourie
Sesde – Leané Janse van Rensburg
Vyfde – Mignon Theron
Vierde – Danell Coetzee
Derde – Mia Bosman
Tweede – Kyla Bosman
Eerste – Ivoné Lombard

Swemmer behaal nasionale uitslae

Baie geluk aan Mia Pienaar met ’n puik prestasie by die SA National Youth Championships te Port-Elizabeth. Haar uitslae was as volg: Dogters o.18 50 m vryslag – 30,48 sekondes. Dogters o.18 50 m rugslag – 37,98 sekondes.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button