Editor's choiceLifestyleNewcastle Advertiser

Sekretaressedag vier dames met vreugde en styl

Newcastle Sakekamer het Sekretaressedag gevier met ’n werkswinkel en musiek om administratiewe personeel se toewyding te erken.

Lente is behoorlik ingewy toe ’n saal vol geblomde dames saamgetrek het om Sekretaressedag te vier.

’n Simfonie van vreugdevolle klanke het die lug gevul.

Die Newcastle Sakekamer het op 3 September met trots hul jaarlikse Sekretaressedag aangebied. Hierdie geleentheid bied plaaslike besighede die kans om hul administratiewe personeel te vier en waardering te toon vir hul harde werk en toewyding.

“Hierdie is ’n klein teken van dankbaarheid vir die belangrike rolle wat ons administratiewe personeel speel. Ons poog om ’n prettige, opbouende ervaring te skep, tesame met ’n werkswinkel, ’n kunstenaar of spesiale demonstrasie, en ’n heerlike middagete,” vertel Angelique van Vuuren, ondervoorsitter van die Sakekamer.

Vanjaar se spesiale demonstrasie is deur Heidi Fourie van ‘Makeup On Fleek with Heidi’ aangebied. Sy het ook as kunstenaar opgetree.

Sy is deur die loop van die oggend luidkeels toegejuig.

Ná al die opwinding het sy met dankbaarheid gesê: “Ek was vreeslik op my senuwees, want dit was my eerste groot ‘Makeup Workshop’ (grimeringswerkswinkel). Ek sou dit nêrens anders wou aanbied as in Newcastle nie. Die dames was lieflik en het my so welkom laat voel. Al my verwagtinge is oortref en ek kan nie wag om weer terug te wees nie. Ek waardeer elkeen se ondersteuning opreg uit my hart uit!”

Terugvoer van besighede en deelnemers is telkens oorweldigend positief. “Ons hoop om volgende jaar nog groter te wees en meer besighede betrokke te kry,” voeg Van Vuuren by.

Die Sakekamer betuig opregte dank aan al die borge wat met ope hande hierdie jaarlikse geleentheid moontlik maak.

ALSO READ: Old Toeters Club drives through thrilling Diesel & Dust Run



The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Zianne Leibrandt

Since joining the Newcastle Advertiser in 2015, Zianne Leibrandt has built a reputation for fair, balanced reporting and remaining calm under pressure. She believes every day brings a new adventure and an opportunity to share the stories that matter most.

Related Articles

Back to top button