Die ekstra myl loop
Madam – Diensverskaffer wat vyf myl loop. Hoe dikwels gebeur dit dat ons met ‘n diensverskaffer te doen kry wat die ekstra myl loop? Wel ek weet van een. Sy loop nie ‘n ekstra myl nie, nee, sy loop vyf. Sy praat sag, verloor nie haar humeur nie, raak nie ongeduldig nie, laat jou nie …
Madam – Diensverskaffer wat vyf myl loop.
Hoe dikwels gebeur dit dat ons met ‘n diensverskaffer te doen kry wat die ekstra myl loop?
Wel ek weet van een. Sy loop nie ‘n ekstra myl nie, nee, sy loop vyf.
Sy praat sag, verloor nie haar humeur nie, raak nie ongeduldig nie, laat jou nie dom voel nie al dink sy dit, maar staan altyd met ‘n glimlag en ‘n woordjie van bemoediging reg om te help, al dra sy swaar aan haar eie hartseer.
Sy sal al al jou navrae beantwoord, of iemand soek om jou te help as sy nie kan nie. Sy sal vorms invul en deurstuur en oproepe maak, alles om ‘n kliënt te help.
Sy is Susan Slabbert van IEMAS.
Jy is ‘n aanwins vir jou maatskappy.
Ek is oortuig dat ek namens baie kliënte wat al met jou tedoen gehad het sê: Dankie vir jou onbaatsugtige diens.
‘n Kliënt



