LettersOpinion

Liewe tieners…

Mejuffrou, Liewe tieners en ouers van tieners: Ek deel graag die volgende belangrike inligting met u. By die Christians Against Drugs (CAD) leer ons baie oor verslawing van allerlei verslawende middels. Soek die oorsprong daarvan en moenie sommer net oordeel nie! Die oorsprong is dikwels ‘n emosionele wond, ‘n gebroke verhouding, hart en gees, en …

Mejuffrou,

Liewe tieners en ouers van tieners:

Ek deel graag die volgende belangrike inligting met u. By die Christians Against Drugs (CAD) leer ons baie oor verslawing van allerlei verslawende middels. Soek die oorsprong daarvan en moenie sommer net oordeel nie!

Die oorsprong is dikwels ‘n emosionele wond, ‘n gebroke verhouding, hart en gees, en in sommige gevalle, ‘n skuldgevoel, veroordeling en skaamte en veral groepsdruk onder tieners.

Dit is vir die verslaafde makliker om enige pyn, negatiewe herinneringe en die realilteit van die lewe te ontvlug deur die gevoelens en sinne te verdoof.

‘n Verslaafde sal ook die slagoffer word van Satan se aanvalle. Jy is dus sonder enige verweer teen enige aanslae van die duiwel. En Satan se aanslae teen jou is ‘n vyand wat nie by die reëls hou nie

Mense sien dronkenskap en nie die depressie raak nie. Hulle sien eerder die verslawing raak, en nie die verwerping nie; die opstand en nie die wonde nie.

Daaroor is dit belangrik om by die CAD, by ‘n berader, of enige persoon soos ‘n dokter of ‘n psigiater wat bevoeg en opgelei is om jou met raad of medikasie te bedien, te gaan aanklop vir hulp en raad. Moenie skaam of te trots wees om dit te doen nie; die soort berader kry daagliks met selfs erger gevalle as jy te doen.

Onthou: Dit is maklik om sommer enige ding in jou keel af te gooi of om enige mengsel te rook. Maar om daarvan ontslae te raak wanneer jou liggaam eers gewoond daaraan is, is ‘n ander storie! Baie trane en nogmaals trane en selfs die dood!

Ek het verlede jaar oor die CAD geskryf wat oorlog verklaar teen verdowingsmiddels en alkohol, tieners wat dit begin gebruik oor jou vriend, maatjie of iemand op straat jou bekendstel daaraan.

Kontak gerus die CAD by Peter: 0824558421, of Terence: 0827894311, of Allen: 0824611505 se nommers as jy hulp of raad nodig het.

Bella Bonzi

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button