LettersOpinion

Baie dankie

Christo en Alta Pedder, in Limpopo, skryf:- TYDENS ons vakansie deur Vryheid het die siekte ons getref en moes ons noodgedwonge dringende mediese bystand kry. Met die hulp van ons vriende, Kobie en Thys Calitz, het ons by Dr. Klingenberg uitgekom. Sy is werklik ‘n dokter van formaat! Probleme ondervind wat ons spesialis nie kon …

Christo en Alta Pedder, in Limpopo, skryf:- TYDENS ons vakansie deur Vryheid het die siekte ons getref en moes ons noodgedwonge dringende mediese bystand kry. Met die hulp van ons vriende, Kobie en Thys Calitz, het ons by Dr. Klingenberg uitgekom. Sy is werklik ‘n dokter van formaat! Probleme ondervind wat ons spesialis nie kon beter maak nie, het sy binne ‘n dag behandel. Ons wil baie graag ‘n groot dankie rig aan haar, sowel as Suster Botha by die hospitaal. Die gesegde gaan dat mens ver sal gaan vir goeie diens. Wel, ons was werklik ver van ons huisie, maar het sekerlik die beste behandeling ontvang wat ons in maande beleef het. Baie dankie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button