Julle water is Skoon
Chris Fourie, AfriForum Gemeenskapkoördineerder KZN, skryf:- AFRIFORUM het gister [17 Maart] in Pretoria die water toetse wat ons reg oor die land gedoen het bekend gemaak. Ons het ook watermonsters in Vryheid geneem, en julle water is skoon en hou geen gesondheidsrisiko in nie. Ons ryk more ‘n media verklaring uit in julle plaaslike koerant …
Chris Fourie, AfriForum Gemeenskapkoördineerder KZN, skryf:-
AFRIFORUM het gister [17 Maart] in Pretoria die water toetse wat ons reg oor die land gedoen het bekend gemaak. Ons het ook watermonsters in Vryheid geneem, en julle water is skoon en hou geen gesondheidsrisiko in nie.
Ons ryk more ‘n media verklaring uit in julle plaaslike koerant om die gemeenskap in kennis te stel. Die staking deur munisipale werkers en die beskadiging van julle water pypleiding bederf nou die goeie nuus.
AfriForum hoofkantoor gaan weer probeer om julle plaaslike AfriForum-tak aktief te kry. Ek is gevra om op julle dorp te konsentreer en te kyk waar ons kan help.
Ons beplan om in April ‘n algemene jaarvergadering te hou waar ons die AfriForum lede gaan vra om ‘n bestuurskomitee te kies wat saam met my sal werk om die probleme in julle dorp uit te sorteer.



