Net ‘n waarskuwing aan die publiek van Dundee
Meneer,Daar was die afgelope paar weke krimenele druk bedrywig by die autobanke in Dundee. Publiek is van hul swaar-verdiende geld beroof . Ons weet van omtrent vyf ander mense wat ook min of meer op dieselfde wyse as ons van hul bankkaarte beroof en geld uit hul rekeninge onttrek is. Wees asseblief op jul hoede!Dit …

Meneer,
Daar was die afgelope paar weke krimenele druk bedrywig by die autobanke in Dundee. Publiek is van hul swaar-verdiende geld beroof . Ons weet van omtrent vyf ander mense wat ook min of meer op dieselfde wyse as ons van hul bankkaarte beroof en geld uit hul rekeninge onttrek is. Wees asseblief op jul hoede!
Dit is egter skokkend om te besef hoe min die banke in Dundee eintlik doen om misdaad te bekamp. Daar is by voorbeeld geen kameras by die autobanke geïnstalleer om die polisie met ten minste’n foto van die verdagte te voorsien nie.
Daar is nie genoeg beskerming by die autobanke self om te verhoed dat ongewenste persone kan inmeng terwyl jy besig is met’n transaksie nie.
Daar behoort’n hokkie te wees waarin jy jouself kan toesluit terwyl jy besig is met ‘n transaksie! Daar behoort vinniger maniere te wees om jou kaart te stop indien jy enigsins bedrog vermoed.
Toe ons besef is dat ons kaart gesteel is, het ons in die bank ingehardloop wat nie verder as 15 meter van die autobank is nie.
Ons het gevra om die kaart te stop en is toe verwys na ‘n telefoon vanwaar’n nommer vir verlore kaarte geskakel moes word.
Kosbare tyd het verloop met die beslommernis en die krimineel het genoeg tyd gehad om R5 000 uit ons rekening te onttrek van’n naby-geleë autobank. Installeer ‘n noodknop by die autobank wat die klient kan druk –’n boodskap behoort op die skerm van die autobank te verskyn waar jy dan slegs met die indruk van jou identiteitsnommer jou kaart kan stop! Walla – klink vir my heel maklik en spoedig!
Het jy al opgelet as jy in die bank ingaan en daar iemand is wat ‘n groot som geld wil onttrek, dat jy die hele gesprek kan hoor? Wat is nou makliker vir n krimineel om binne in die bank te wag, te kyk en hoor wie groot somme geld wil onttrek en hul so beroof en dalk nog doodmaak?
Die verbod op selfoon gebruik in party van ons banke word ook glad nie toegepas nie! So, Mnr Die Krimineel kan dalk nog sy medepligtige wat buite wag, bel ook! Nee, wat ons banke skenk nie genoeg aandag aan die veiligheid van hul kliente nie. Ons moet aandring op beter beskerming en bekamping van misdaad!
In ‘n kwessie van twee weke is ‘n totaal van ten minste R11 600 beroof van eerlike, hardwerkende mense in Dundee.
A du Plessis



