LettersOpinion

Wat skuil agter ‘n masker?

Madam – Graag rig ek hierdie brief aan “Losing faith” van verlede week se Newcastle Advertiser. Liewe Menslief… Vandag nadat ek jou brief in die koerant lees het ek weereens besef hoe kosbaar familie en vriende is. Hoe nodig ‘n mens hulle in jou lewe het. Pasop egter dat elke mens ‘n donker kant ook …

Madam – Graag rig ek hierdie brief aan “Losing faith” van verlede week se Newcastle Advertiser.

Liewe Menslief…

Vandag nadat ek jou brief in die koerant lees het ek weereens besef hoe kosbaar familie en vriende is. Hoe nodig ‘n mens hulle in jou lewe het. Pasop egter dat elke mens ‘n donker kant ook het en dat dit na vore kan kom enige dag of nag. Dan weet jy dat elke mens ‘n masker dra.

Wat skuil agter ‘n masker?

Die ware gesig en persoonlikheid.

Ek is een van die mense wat elke mens in my lewe in my lewenspad vertrou en liefhet. Elkeen in my lewe het ‘n pad saam met my geloop en ek is lief vir elkeen van hulle. My Moeder het ons geleer om nooit iemand te behandel soos jyself nie behandel wil word nie.

Voorts het sy ons geleer om altyd jouself af te vra; “What would JESUS do”? Moet nooit jou masker uithaal en opsit as jy iemand wil bykom nie. Onthou om jou naaste lief te hê soos jou gesig in jou spieël.

Of is dit die masker wat jy in die spieël sien terugkyk na jou toe? Behandel jy mense met die verlede? Hoe lank nog moet die verlede saamgedra word soos ‘n swaar sak met ‘n sleepsel agterna? Onthou dat vergifnis vry maak.

Dit is so waar….baie waar, liewe menslief. Ek sê baie dankie vir jou briefie wat baie se oë sal oopmaak vir ‘n slag. Mag jy ‘n mooi dag op hierdie wonderlike wintersdag beleef met die bome waarvan die blare al rooi gekleur is, gereed om af te val en deur die wind geskep te word…

So is die lewe ook.

Gaaitzi Goobi

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button