LettersOpinion

Pragtige staaltjies van sowat 50 jaar gelede

Mevrou – “Humour in court from 50 years ago” by Imker Botha. Hoe toevallig was dit nie, toe ek in die Newcastle Advertiser 20 Februarie 2015 lees van die humor in die hof 50 jaar gelede. Twee weke gelede het ek en my dogter besoek gaan aflê by die hof hier in Newcastle, waar ek …

Mevrou – “Humour in court from 50 years ago” by Imker Botha.

Hoe toevallig was dit nie, toe ek in die Newcastle Advertiser 20 Februarie 2015 lees van die humor in die hof 50 jaar gelede.

Twee weke gelede het ek en my dogter besoek gaan aflê by die hof hier in Newcastle, waar ek haar gaan rondwys het waar my oupa en haar oupagrootjie, oom Paul Rheeder (speurder sersant) gestasioneer was.

Dit het my so laat terugdink na daardie rustige, vreugdevolle jare.

My Oupa Paul en Ouma Kitty Rheeder het in daardie jare die losieshuis (deesdae gastehuise) in Voortrekkerstraat gehad, waar sommige van die polisiemanne en hofpersoneel geloseer het.

Baie dankie Imker Botha vir die pragtige staaltjies van sowat 50 jaar gelede!

Amanda Prinsloo (Mouton)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button