LettersOpinion

Moenie saamloop met die pad van die dood nie!

Mevrou – Weereens wil ek ‘n lelike ding wat al kop begin uitsteek het in die hippie-era aanspreek. As ons kinders nie skielik met tattoo’s op hul pragtige lywe begin rondlê nie of loop met voete wat sleep nie, raak hulle deurmekaar met afhanklike middels soos Cat, tik en dagga. Ouers, vandag wil ek u …

Mevrou – Weereens wil ek ‘n lelike ding wat al kop begin uitsteek het in die hippie-era aanspreek.

As ons kinders nie skielik met tattoo’s op hul pragtige lywe begin rondlê nie of loop met voete wat sleep nie, raak hulle deurmekaar met afhanklike middels soos Cat, tik en dagga.

Ouers, vandag wil ek u sterk aanspreek: Pas vir ‘n slag tough love toe. Moenie val vir jou kind se intimidasie en hul simpatie-wekkende gesiggies nie. Hoewel mens hul nie net so kan los nie, kan jy ook nie net anderpad kyk nie. Hulle moet begin verantwoording doen vir hul dade.

Stel reëls vas wat staande bly in jou tuiste. Laat toets jou kind deur Christians against drugs (CAD) wanneer jy net die geringste gedagte van afhanklike middels soos bogenoemde vermoed.

Sou dit moet, en hul weier, dan verplig jy hulle doodeenvoudig. Dit is jou reg as ouer om jou kind selfs deur ‘n hof te laat verplig om hom/haar te laat gaan vir rehabilitasie.

Ons het ‘n pragtige tak van die CAD in Newcastle en kan jy hulle kontak deur Peter Kumlen by 0824558421 te skakel sodat jy die bal aan die rol kan kry, en vinnig ook! Peter staan aan die hoof van ons CAD tak in Newcastle

Verslaafdes se breine mag dalk op ‘n ander planeet wees, maar hulle is so slim soos die houtjie van die galg!

Die CAD staan by jou en jou gesin en die kind of familielid wat van die pad af gedwaal het. Hulle bedien jou met raad en daad, en laat nie toe dat jou kind die pad van die dood verder loop nie!

Sodra hulle gehelp is en weer met die pad van soberheid kennis gemaak het, sal die pad vol van trane en hartseer einde kry. Hul sal by jou streng reëls moet hou met behulp van die CAD se bystand.

Moenie die pad van die dood saam jou kind loop nie, maar haal hom/haar af van daardie pad af.

Gaatzi Goobi

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button