Laat ons aan die werk spring!
Mevrou – Ek lees gedurig wat is besig om te gebeur in ons dorp en die berigte en moedeloosheid aangaande ons rivier; die Ncandurivier, neem ek aan? Ons as inwoners kan mos self iets aan hierdie netelige saak doen om ons rivier weer mooi skoon te kry. Ons as Newcastle het een van die beste …

Mevrou – Ek lees gedurig wat is besig om te gebeur in ons dorp en die berigte en moedeloosheid aangaande ons rivier; die Ncandurivier, neem ek aan?
Ons as inwoners kan mos self iets aan hierdie netelige saak doen om ons rivier weer mooi skoon te kry. Ons as Newcastle het een van die beste mikrobioloë wat ‘n bestuurder is by ‘n laboratoruim in ons dorp.
Hoewel hy uit die aard van die saak nie fisies mag help met die rivier se skoonmaak nie, kan hy wel baie raad gee oor wat nodig is.
Ek is seker hierdie mikrobioloog is baie bewus van enige gevare van hierdie stilstaande water vol mos en bakterieë. Eerstens mag geen mens sy voet in hierdie water neersit nie, want ‘n mens kan bilharzia opdoen.
Niemand hierdie groen water vol bakterieë sommer net drink nie.
Ek is seker baie kinders kon al baie siek geword het in die verlede.
Ons regering probeer vreeslik hard om werkgeleenthede te skep. Waarom nie ‘n paar goeie jongmanne kry om die omgewing op te pas en ongewensde elemente weg te hou van die rivier nie?
Kom, laat ons aan die werk spring, Newcastle!



