LettersOpinion

Tot ons weer ontmoet…

Mevrou – Net n woordjie van die Stealth Riders MCC se kant af. Kobus en Amelia laat ‘n groot leemte in ons harte, nie net in ons harte nie maar in die biker-gemeenskap van Newcastle ook! Hulle was legends en sal in ons almal se harte voortleef. Ek en Gert het die geleentheid gehad om …

Mevrou – Net n woordjie van die Stealth Riders MCC se kant af.

Kobus en Amelia laat ‘n groot leemte in ons harte, nie net in ons harte nie maar in die biker-gemeenskap van Newcastle ook! Hulle was legends en sal in ons almal se harte voortleef. Ek en Gert het die geleentheid gehad om hulle te ken en om vir 26 maande saam met hulle bike te kan ry.

Om saam vir charity te kan gee aan die einde van die jaar. Hulle was awesome. Kobus se wens was dat die Stealth Riders sal groei, wat ook gebeur het. In Maart het ons nuwe lede bygekry, en sedertdien het die klub begin groei. Daar was ‘n groot band tussen hulle, ons en die klublede wat ons vir niemand kan beskryf nie. Ons was nie net ‘n klub nie, maar ons was ‘n familie.

Die een se seer en lag was die ander s’n. Hulle het elkeen van ons op hul hande gedra en ons elkeen elke dag aan ons Hemelse Vader opgedra.

Kobus het geroepe gevoel om ‘n biduur Donderdagaande te begin vir die bikers en biker-gemeenskap van Newcastle. Dit was wonderlik en so sal ons as klub voortgaan daarmee.

Ons as klub gaan hulle so baie, baie mis. Hulle kinders, skoonkinders en kleinkinders; ons sal altyd en sover moontlik daar wees vir julle, julle pyn en seer is ook ons pyn en seer.

Ons wil graag net ‘n woord van dank sê aan die volgende:

Verkeersafdeling vir hul hulp met die roudiens. Die insleepdiens breakdown wat die bike vir ons gebring het. Al die bikers wat ons as klub en die kindes ondersteun het, baie dankie vir die boodskappies. Aan almal wat nie bikers is nie en ook daar was vir ons en die kinders, hoe klein hoe groot maak nie saak nie, baie dankie vir julle ook.

Kosie, Ammie julle is nou by ons Hemelse Vader en ry julle Hayabusa nou op die Goue Hoofweë van die Hemel. Ons mis julle baie!

Tot ons weer ontmoet. Lief vir julle.

Stealth Riders

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button