LettersOpinion

Nou wie is sulke werkgewers?

Mevrou – Weereens gaan ek ‘n netelige saak aanspreek. Van wanneer af word werknemers nie hul salarisse ten volle betaal nie, of net die helfte daarvan, of selfs net ‘n kwart daarvan per maand. Selfs net so bietjie later in die maand? Ek maak kapsie daarteen! Hoe kan mens lewe met so betaling? Jy moet …

Mevrou – Weereens gaan ek ‘n netelige saak aanspreek.

Van wanneer af word werknemers nie hul salarisse ten volle betaal nie, of net die helfte daarvan, of selfs net ‘n kwart daarvan per maand. Selfs net so bietjie later in die maand?

Ek maak kapsie daarteen! Hoe kan mens lewe met so betaling? Jy moet kos koop; dan sal jou water en ligte seker af wees vir ‘n tyd lank en wanneer jy dit weer moet aanskakel, kos dit jou weer ‘n bedrag.

Dan is daar ander rekeninge ook nog wat voor die sewende van elke maand betaal moet word. Om nie eens te praat van benodigdhede van skoolkinders bo en behalwe skoolfonds nie!

Nou wie is sulke werkgewers?

My seun het deurgeloop, en ander ook. Ek wil net aan enige werknemer wonderlike raad gee; gaan na die CCMA toe en daardie werkgewer sal behoorlik les opsê. Of moet ek liewer sê: gou-gou sal hy leer hoe ‘n werkgewer sy werknemers moet behandel!

Gaaitzi Goobi

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button