LettersOpinion

Wat ‘n hartseer teleurstelling

Wees asseblief op die uitkyk vir mense wat net wil ontvang en nie hulle kant bring nie.

Meneer
Dis vandag met hartseer teleurstelling en ‘n haat gevoel dat ek hierdie brief skryf. Mens probeer altyd om ander te help en goed te doen vir jou medemens. Ons het ‘n paarstelle afgetrap met ‘goeie’ vriende in ons dorp.
Ons kry jammer en help van ons kant af net om elke keer teleurgetstel te word. Ons het onder andere ‘n laptop op ons rekening vir die person gekoop en sukkel om die paaiement te kry en dit nadat hy belowe het om dit elke maand te betaal.

Weer het ons jammer gekry, die persoon kan nie ‘n lening kry nie en ons het op ons naam een aangegaan en hy het belowe hy sal die paiement betaal en weereens moet ons sukkel om die geld uit hom te kry. Daar is elke maand ‘n verskoning. So kan ek baie dinge opnoem, kos, geld vir dokters ens.
Die persoon sal weet van wie ek praat. Hoop hy lees die brief en besef wat hy aan ons doen. Wees asseblief op die uitkyk vir mense wat net wil ontvang en nie hulle kant bring nie.
Teleurgesteld
Mev Diedericks

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button