LettersOpinion

Huldeblyk – Carina Liebenberg

ONS AS familie wil net graag aan die gemeenskap wat ons so ondersteun in hierdie hartseer tyd met die afsterwe van Carina ‘n groot, baie groot dankie sê. Ons waardeer julle omgee geweldig. Dankie aan vriende en familie wat ons by die honderde ondersteun deur oproepe en kuiertjies. Ons weet nie wat ons sonder julle …

ONS AS familie wil net graag aan die gemeenskap wat ons so ondersteun in hierdie hartseer tyd met die afsterwe van Carina ‘n groot, baie groot dankie sê.

Ons waardeer julle omgee geweldig.

Dankie aan vriende en familie wat ons by die honderde ondersteun deur oproepe en kuiertjies. Ons weet nie wat ons sonder julle gebede sou gedoen het nie. Ons kan getuig dat ons absoluut oorweldig is deur strome van liefde.

Hou aan bid vir ons asseblief.

Almagtige God en Hemelse vader, dankie dat ons Carina vir 23 jaar kon geleen het. Sy het ons lewe ingekleur. U het haar die gawe van die liefde laat uitstraal orals waar sy gegaan het.

Ons harte is baie seer. Ons weet dat U ‘n plan met elkeen van ons het.

Here ons berus by U wil. Dankie, dankie, dankie vir U genade!

Liebenberg familie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button