LettersOpinion

LETTER: A word of thanks

Kathleen Nienaber en haar kinders wil graag n paar bedankings doen na die afsterwe van 'n baie geliefde eggenoot, daddy, oupa en oupagrootjie.

Mevrou –

Kathleen Nienaber en haar kinders wil graag n paar bedankings doen na die afsterwe van ‘n baie geliefde eggenoot, daddy, oupa en oupagrootjie.

Sarel was n regverdige, lojale en liefdevolle mens en sy heengaan laat ‘n groot leemte in ons lewens. Ons waardeer elke vriend, kennis en familielid wat my en my kinders gedra het deur hierdie moeilike tyd. Mediclinic Newcastle Saal E, baie dankie vir jul omgee, veral aan Suster Sonja Smit, Suster Mariaan Olivier asook Suster Chrisinda Grobler. Baie dankie vir jul bystand wat jul verleen het.

Trivs Private Ambulance Service “thank you for walking the extra mile – your guys were great”. Dankie pastoor Gerrie van AGS Deo Victoria vir die spesiale besoeke en gebede. Avbob, baie dankie vir die simpatieke wyse waarop julle ons deur hierdie proses gehelp het. Aan die dames wat versnaperinge voorsien het, baie, baie dankie ons waardeer dit opreg.

Ek twyfel of ons gesin in hierdie moeilike tyd sou kon staande bly sonder al die hulp in watter vorm ookal.

Dankie my dierbare man, daddy en oupa vir die pragtige voorbeeld wat dad vir ons nagelaat het om altyd positief te wees en elke dag met dankbaarheid aan te pak en net die mooi en die goeie in mense en omstandighede te kan sien.

Ons salueer jou!!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button