
Mevrou –
Ons, die klei
Soos ‘n klein seuntjie was hy;
So het hy amper sy siel naak blootgestel;
Sy diepste seer aan almal om hom heen.
Bekendgemaak.
Sy donkerste vrese, daar doer..
Aan die anderkant van die treinspoor,
neergelĂȘ.
Voor baie geliefdes was hy weer die klein-klein kind;
broos en ontvanklik;
nader aan beide;
goed en kwaad.
So, alleen, sou ons God en Vader
hom alleenlik kon gebruik;
sy grondgebied vergroot;
soos amper teen die oseane sonder grense;
hom, die klein-klein kind
weer bloeisels laat dra
met belofte van vrugte
vir groot en klein
So alleen, kon ons God en Vader
hom gebruik om
soos amper teen die oseaan sonder einde
en met grense van hul wat Hom,
ons Vader nog moes leer ken.
Tot daar diep, in hul harte, kon ken.
So het die klein-klein kind.
Grootgeword.
Sodat God ons Hemelse Vader;
ieder en elk –
eendag welkom kon heet.
In ons eewge tuiste
‘n Dierbare Vriend



