LettersOpinion

‘Baie dankie Dundee’ – Leon and Antoinette du Plooy

So baie het gebel en hulp aangebied

Meneer
Ons, Leon en Antoinette du Plooy, wil graag die gemeenskap van Dundee hartilik bedank vir hulle ongelooflike ondersteuning tydens die brand van ons huis.
So baie het gebel en hulp aangebied. Graag will ons ‘n paar uitsonder:
Eerstens van Zyl Conradie en Lee-Ann du Plooy, Flotek, Mpati Apteek, PC Computers, die SDA Kerk van Dundee wat almal kom help opruim het en finansieel bygedra het.
AK Moola van Hopewell Furnishers wat ‘n waterpomp gaan huur het en met sy hele span kom help het asook al die kos wat hy voorsien het. Vir die onbekende persoon wat al die koeldranke gebring het.
Kevin en Marlene Burge, Maryna en Heino Torlage, John en Anita da Silva van Khaya4U julle het gedoen wat weinig sense sou doen!
Hendrien Jordaan en haar Ichthus klassie, dankie aan julle almal vir julle mildelike bydraes. Ons bure vir al julle hulp.
Nogmaals baise dankie vir ALMAL se bydrae hoe klein of hoe groot dit word opreg waarduur.
Leon en Antoinette du Plooy

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button