Sport

Jukskeispelers vind hul merk

Vanaf 30 Maart tot 4 April het die Suid-Afrikaanse Senior Jukskei Kampioenskappe deelgeneem.

Die Noord KwaZulu-Natal en Suid KwaZulu-Natal Jukskei-unies het saamgesmelt en vir die eeerste keer as KZN Jukskei Federasie (KZNJF) aan ‘n nasionale toernooi deelgeneem.

Vanaf 30 Maart tot 4 April het die Suid-Afrikaanse Senior Jukskei-kampioenskappe plaasgevind.

Tydens die luisterryke amptelike opening Sondagaand, is erkenning gegee aan al die spelers wat in die afgelope jaar presteer het soos volg:

Antoon Claassen (Korrektiewe Dienste klub – Durban) hou die rekord vir die speler aan wie Nasionale Kleure die meeste toegeken is met 33 keer.

Annetjie van der Merwe (Hibiskusklub) – het kleure ontvang vir die 13ste keer.

Ook het Daleen Roos (Newcastle) haar Nasionale (Protea) Kleure amptelik in ontvangs geneem, terwyl Leon Lombard (Sarel Cilliers Hoërskool ) is aangewys as ‘Afrigter van die Jaar – Ontwikkeling’.

Nasionale Ope Dubbelspel

Tydens die Dubbelspel Kampioenskappe op 31 Maart, het Andre Griebenauw en Annetjie van der Merwe Silwer medaljes ontvang in hul afdeling.

Provinsiale Groepkampioenskap

Vir die Provinsiale Groepkampioenskappe wat Donderdag gespeel is, is die volgende spelers aangewys in die Noord-Oos Streekspanne wat saamgestel is uit spelers vanuit Kwa-Zulu Natal, Mpumalanga en Limpopo:

Mans bo 50

Antoon Claassen (Korrektiewe Dienste ), Dons Vorster (Vryheid ) en Matie Coetzee (Richardsbaai Hoërskool ).

Vroue Bo 50

Annetjie vd Merwe (Hibiskusklub); Leon Lombard (Afrigter vir die Mans en Vrouespanne); Johan van Rensburg (Spanbestuurder vir die Mans en Vrouespanne).

Senior Mans

Hennie Claasen (Korrektiewe Dienste ), Albert Stoop (Richardsbaai Hoërskool ) en Marnus Claasens (Korrektiewe Dienste ).

Senior Vroue

Anna-Marie Stevens (Fynnlands ) en Janet Stoop (Richardsbaai Hoërskool ); Marleen Janse van Rensburg (Afrigter vir Mans en Vroue); Ernst Wolfaardt (Spanbestuurder vir Mans en Vroue).

Junior Vroue

Florinda Vorster (Vryheid ) en Jaqueline Hammond (Richardsbaai Hoërskool ); James Kleynhans (Afrigter).

Prestasies tov die Provinsiale Groepkampioenskap

Die Vroue Bo 50 behaal derde posisie en ontvang almal ‘n brons medalje.

Nasionale Prestasies

Die Provinsiale Groepskampioenskappe dien ook as proewe vir die Nasionale spanne.

Weereens word Antoon Claassen (34ste) en Annetjie vd Merwe (Hibiskusklub – 14de) ingesluit in die Mans en Vroue Bo 50 spanne onderskeidelik.

Leon Lombard word aangewys as Afrigter van die SA ‘A’ Vroue Bo 50 span.

Daleen Roos (Newcastle) word aangewys as Spanbestuurder vir al die SA ‘A’ spanne onderskeidelik, asook die Nasionale Spanne.

Na afloop van die Toetswedstryde teen Namibië ontvang die volgende medaljes:

Goud – Antoon Claasen en Annatjie vd Merwe; Daleen Roos – Internasionale Jukskei Federasie.

Silwer – Leon Lombard en Daleen Roos.

SA Kampioenskap Prestasies

Vir ‘n eerste keer ooit wen KZN se Senior Mans ‘n brons medalje – baie geluk!

Die Mans Bo 50 A1 en A2 spanne eindig onderskeidelik vierde en vyfde in hulle afdelings.

Florinda Vorster (Vryheid) word aangewys as ‘n uitblinker in die 0/23 afdeling.

Aktiewe jukskei in KZN gaan nou in ‘n rusperiode met vergaderings en herstrukturering in die komende maande om weer in Julie aktief te begin speel.

Baie geluk aan al die presteerders gedurende die jaar.

Vir enige navrae of belangstelling of te kom saamspeel, skakel Daleen Roos (083 375 6527) of Dewald Hurter (083 228 8067).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button