Ncandu Rolbalklub het op 24 Mei ‘n baie suksesvolle rolbaldag gehou.
Die dag was gedeel met Newcastle- en Dundee Rolbalklub wat ook besoek afgelê het, en daar was vyf spanne elk van Ncandu en Newcastle, en twee van Dundee.
Wedstryde was in ‘n baie goeie gees gespeel en tussendeur het almal lekker saamgekuier.
Na afloop van die dag se spel is pryse uitgedeel, en die pryswenners was soos volg:
Eerste was die span van Monty Steele, Fritz Botha en Michelle Steele van Newcastle.
In tweede plek was dié van Dougie Slabbert, Willie Nel en Essie Slabbert van Dundee, terwyl Carl Arndt, Hannelie Arndt en Elsie Pretorius van Dundee derde plek behaal het.
Die vierde posisie is deur André Bouwer, Hettie Bouwer en Clyde Weber van Ncandu beklee.
Ncandul Rolbalklub wil graag baie dankie sê aan Newcastle- en Dundee se rolbal klubs vir hul deelname, asook die verskillende borge wat die pryse moontlik gemaak het.



