Editor's choiceNewcastle AdvertiserSport

Ncandu Rolbalklub voltooi laaste gemengde viere

Ncandu Rolbalklub het hulle gemengde viere Saterdag voltooi en prestasies geeer tydens die jaarvergadering.

Die Ncandu Rolbalklub het op Saterdag 19 Julie die reënweer trotseer om die finale klubkompetisie, naamlik die gemengde viere (getrek), af te handel.

Gaste wat opgedaag het, het aan sosiale rolbal deelgeneem. Ten spyte van die koue weer het al die spelers hul spel geniet, en daar het ‘n warm gees van sportmanskap geheers.

Die Algemene Jaarvergadering vir 2024/2025 is ná afloop van die wedstryde gehou.

Die president, Titia Engelbrecht, het die lede bedank vir hul volgehoue deelname, lojaliteit en harde werk om die spel van rolbal by die klub lewendig te hou, en om dit tydens twee suksesvolle sosiale rolbaldae aan die publiek bekend te stel.

Sy het ook die nuwe lede verwelkom wat onlangs by die klub aangesluit het, en ander belangstellendes uitgenooi om saam rolbal te kom geniet.

Die prestasies van klublede is tydens die prysuitdeling erken, en Hannes Willemse het die oorhandiging van die trofeë behartig. Baie geluk aan al die wenners!

Die uitslae van die kompetisies gedurende die 2024/2025-finansiële jaar is soos volg:

Dames:

  • Enkels: Susan Strydom (voorgee-enkels), Hettie Bouwer (dames-enkels)
  • Dubbels: Susan Strydom en Hettie Bouwer (getrekte pare)
  • Drieë: Marina Viljoen, Titia Engelbrecht en Hermie Mentz (getrek)

Mans:

  • Enkels: Konrad Gössman (voorgee- én mans-enkels)
  • Dubbels: Gareth Klose en Hannes Willemse (getrek)
  • Dubbels: Gareth Klose en Wayne Klose (genomineer)
  • Drieë: Gareth Klose, Flip van der Merwe en Frans Prinsloo (getrek)

Gemeng:

  • Pare: Gareth Klose en Hettie Bouwer (genomineer)
  • Drieë: Gareth Klose, Hennie Eksteen en Yolanda Boshoff (getrek)
  • Viere: Eugene Erasmus, Hermie Mentz, Hennie Eksteen en Titia Engelbrecht (getrek)
  • Beste vordering (dames): Yolanda Boshoff
  • Beste vordering (mans): Flip van der Merwe
  • ‘Stirrer’: Marina Viljoen

Baie geluk ook aan Susan Strydom wat by die Sone Veterane Enkels deurgedring het tot in die finale uitspeelronde, en ‘n puik derde plek behaal het.

Die Ncandu Rolbalklub wil graag hul opregte dank uitspreek teenoor al die borge wat deur die loop van die jaar bygedra het tot die sukses van ons klubbedrywighede.



The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button