
NKZN en veral Buffalo River Skiet Klub lede het die jaar baie goed presteer.
Jean Engelbrecht het gedurende die laaste Nasionale Kampioenskappe, wat te Stifontein gehou is, die Classic afdeling gewen.
Indien Jean gekies word vir die volgende nasionale span, sal hy nasionale kleure hê in die Standaard, Produksie en Classic afdelings van die sport.
André van Straaten het die Senior Standaard afdeling in die Kampioenskappe gewen, wat bygedra het tot sy kampioenskap titel vir 2013.
Dit is die vyfde maal dat hy die title in die afdeling verower.
Beide skuts is met ‘n Presidentsmedalje beloon vir hulle prestasies ten tye van die afgelope nasionale kampioenskappe.
Groen en goud wink vir die twee skuts van Newcastle om ingesluit te word in die Nasionale spanne wat in Maart aangekondig gaan word.
Hulle deelname aan die wêreld kampioenskappe, wat in Florida VSA aangebied word in Oktober 2014, sal na die volgende nasionale kampioenskappe in Maart volgende jaar bevestig word.
BRSC en NKZN hou vir die manne duim vas.



