Local sportSport
Junior shows ‘old toppies’ how to fish
‘n JONG hengelaar in die klub, AC Schönborn, het die afgelope paar weke uitstekend gevaar met visvang op verskeie kompetisies in Noordelike Natal vanaf die boot Stray Shark. Hy het weggeskop met die Tiervis Bonanza aangebied deur Sodwana Hengelklub gedurende 26 tot 28 September. Hier het hy begin deur die ‘ou toppies’ te wys hoe …

Hy het weggeskop met die Tiervis Bonanza aangebied deur Sodwana Hengelklub gedurende 26 tot 28 September. Hier het hy begin deur die ‘ou toppies’ te wys hoe dit gedoen moet word, aangesien daar nie ‘n junior katogorie is nie en net die eerste 20 grootste tiervis in aanmerking kom vir ‘n prys. ‘n Totaal van 304 bote en ongeveer 1200 hengelaars het op hierdie kompetisie deel geneem. Hier het AC sommer net letterlik die 4de plek saam met die 19de plek onder die ou toppies se gatte uit gevang. Sy grootste tiervis was 4,69kg.
Op die LMS kompetisie van 26 Oktober te Bivane dam het hy die grootste baber van 4,19kg gevang onder die senior afdeling. As daar ‘n 2de plek was, sou hy dit ook gevat het. Dankie aan LMS vir ‘n uitstekende kompetisie. Al die hengelaars was uitstekend onthaal met jul gasvryheid. Jul mag maar ‘n kompetisie beplan.
Die afgelope naweek met Vryheid Light Tackle Angling se kompetisie te Klipfonteindam, 2 tot 3 October, het AC weer met ‘n paar pryse weg geloop. Hier het hy die grootste kurper vir senior’s gevang, die grootste baber onder die juniors en die 2de grootste karp vir juniors.
‘‘Old toppies’ in the club cannot fish’, kom vra ‘n junior hoe dit gedoen moet word!
Dankie aan al ons skippers wat hul bote beskikbaar gestel het vir die LMS kompetisie, en al die ander wat die kompetisies ondersteun het.
Woensdag 13 November, stiptelik 18H00 het ons die laaste klub vergadering vir die jaar. Alle lede moet daar wees aangesien al die belangrike datums vir 2014 vasgestel gaan word. Kom met al jul voorstelle vir 2014 vir waar en wanneer ons alles gaan doen. Bring ook jul vroue sodat daar nie enige verdere klagtes vir 2014 moet ontwikkel nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



