Local sportSport

Vryheid Athletics Club – Newcastle Nite Race

SATERDAG vind die jaarlikse Newcastle Nite Race plaas. Dit is ’n wedloop waar atlete kan besluit of hulle ’n afstand van 10km of 21,1km wil aflê. Die wedloop is vir drawwers sowel as vir stappers. Klublede wat daarin belangstel om aan hierdie wedloop deel te neem, kan vanaand by die klub bymekaarkom om die nodige …

SATERDAG vind die jaarlikse Newcastle Nite Race plaas.
Dit is ’n wedloop waar atlete kan besluit of hulle ’n afstand van 10km of 21,1km wil aflê. Die wedloop is vir drawwers sowel as vir stappers. Klublede wat daarin belangstel om aan hierdie wedloop deel te neem, kan vanaand by die klub bymekaarkom om die nodige reisreëlings te tref.
Verlede Saterdag het ’n groot groep lede aan die weeklikse “club run” deelgeneem. Die roete wat gevolg was, het ons na die pragtige Klipfontein dam geneem – ‘n afstand van 22 km. Dit was ’n heerlike koel oggend en almal het die oefening baie geniet.
As gevolg van die Newcastle Nite Race sal daar nie hierdie Saterdagoggend ’’n amptelike “clubrun” wees nie.
Alle lede word daaraan herinner dat die klub se jaarlikse afsluitingsfunksie en prysuitdeling op 16 November plaasvind en almal wat dit wil bywoon word versoek om vanaand hul kaartjies by Ina Els te koop – die koste is R 150 per kop. Dit beloof om soos in die verlede ’n heerlike aand te wees wat dan ook ’n driegang maaltyd insluit.
Die weeklikse tydtoets en klubbraai vind vanaand om 17h30 plaas en begin soos in die verlede, by Hoërskool Pionier se sportterrein. Almal is baie welkom en nou is ’n baie goeie tyd vir nuwe drawwers en stappers om te kom deelneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button